|
|||||||||||
|
| VIND: |
![]() Rietskraal maar uitbundig drink die njala-bulkalfie Bambi aan die Jersey-koei Bretta op die Mattanu-wildplaas buite Barkly-Wes. Foto: JACQUES KRIEK
Oos-Kaap
Bokkie weer pure perd ná koei-ma se sorg
20/11/2008 12:27:51 AM - (SA)
Barkly-Wes. – ’n Njala-kalfie is danksy liters kragtige koeimelk uit ’n Jersey se spene ’n tweede kans in die lewe gegun.
Dié koei-ma, Bretta, het al talle wildwesies grootgemaak.
Mnr. Jacques Kriek, bemarkingsbestuurder van die Mattanu-wildplaas buite die dorp, vertel ’n boer van die Kimberley-omgewing het die njala-bulletjie, Bambi, na hulle gebring nadat hy in ’n swak toestand in die veld gevind is.
Hulle het hom met ’n bottel gevoed, maar gou besef hy het ’n ma-figuur nodig, sê Kriek.
“Ons het hom na Bretta, die staatmaker Jersey-koei, gevat. Bretta het hom onmiddellik aanvaar. Bambi het gesuip dat die borrels skuim so staan.”
Bambi het ook nie aan die agterspeen gesuig nie, want hy is intussen op sy eienaar se wildplaas hervestig.
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |