|
|||||||||||
|
| VIND: |
Nuus
Skubaduikers gaan seelewe help bewaar
08/07/2009 09:38:56 PM - (SA)
Kaapstad. - Vrywillige skubaduikers in en om Kaapstad sal eersdaags opgelei en ingespan word om die seelewe in die Tafelberg Nasionale Park te help monitor en bewaar.
Die Fin-program (Fish and Invertebrate Volunteer Diver Monitoring Programme) is die afgelope jaar deur die Suid-Afrikaanse Omgewingsobservasienetwerk (SAEON) se Elwandle-eenheid, die Suidelike Onderwater-navorsingsgroep, die Wêreld-natuurfonds, die Tafelberg-fonds en die Tafelberg Nasionale Park ontwikkel om skubaduikers by hul navorsing te betrek.
Navorsers wil met dié program inligting bekom oor klimaatsverandering se moontlike impak op die seelewe in mariene reservate.
Dr. Albrecht Goetz, ’n navorser by SAEON se Elwandle-eenheid, het gesê “sulke programme betrek belanghebbendes by bewaring en die publiek word oor die bedreiging van ons ekosisteme ingelig”.
Altesaam 52 duikers is in Maart en April opgelei en is besig met ’n loodsprojek in die Castle Rock- mariene reservaat by Simonstad.
Mense ouer as 18 met ’n skubakwalifikasie word genooi om aan die program deel te neem.
Vir meer inligting of om te registreer, besoek www.fin.org.za.
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |