Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 19º / 26º | Worcester 19º / 31º | George 18º / 23º | Port Elizabeth 20º / 25º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Drie dood toe twee jonges wild begin skiet
15/01/2008 02:53:31 PM - (SA)

Honderde betogers het die pad na Swartruggens in Noordwes versper nadat drie inwoners in ’n vermeende rassevoorval afgemaai is.

Twee jong mans is tussen 3:00 en 4:00 na die informele nedersetting, Skielik, waar hulle glo uit die bloute op mense losgebrand het.

“Die een was klaarblyklik gewapen en het skielik begin skiet. Drie mense is doodgeskiet,” het supt. Louis Jacobs gesê.

’n 30-jarige man, ’n 13-jarige seun en ’n baba van drie maande is doodgeskiet. Sewe ander mense is gewond.

Volgens radioberigte was dit ’n rassevoorval, maar Jacobs het gesê geen arrestasies is nog gemaak nie en die motief vir die voorval is nog nie bekend nie.

Tussen 600 en 700 mense het die pad na die dorp versper ná die voorval. Geen voorvalle van geweld het nog plaasgevind nie.

Kommentaar


Drie dood 1/15/2008 12:23:30 PM
O genade, begin van die einde. Wat van al die plaasmoorde?
-Bokkie


Re: Drie dood 1/15/2008 1:02:17 PM
Snaaks hoe dit 'n rassevoorval is wanneer blankes die skiet werk doen maar wanneer dit gekleurdes is, is dit nie rasverwant nie.

Wat van al die sinnelose moorde waarvan die koerante landwyd die afgelope tyd vol was?
-Francois


1/15/2008 1:41:13 PM
Die persoon wat beweer dit is n rasse voorval Is die enigste rasis. Wat plaas gevind het is MOORD en totaal en al on aanvaarbaar
-Morne


Drie dood 1/15/2008 1:43:20 PM
Ek keer geensins enige geweld van enige kant van die raslyn toe nie, maar wat soek hulle in die informele nedersetting. Hoekom wild en wakker skiet op onskuldige mense?
-Mollie


Re: Drie dood 1/15/2008 1:45:39 PM
Help my asb verstaan. Hierdie lyk vir my na nog n sinnelose voorval waarin drie onskuldige mense gesterf het. Waarheen is on op pad in hierdie land van ons. Terug na die wilde weste waar die een wat die vinnigste kan skiet oorleef.?

Wat my egter dwars in die krop steek is die gedurige verwysings na rassisme waneer blankes betrokke is. Die vorige naweek het n sogenaamde rassisties voorval by n woonwapark glad die voorblad gehaal terwyl ernstige sake eers soos moord eers na bl 3 geplaas is. Baie moorde is rasisties maar word nie so genoem nie. ( Swart op wit). Handhaaf asb tog eenvormigheid.

-Phillip


Drie dood 1/15/2008 2:20:59 PM
Die besonderhede van die voorval in die berig is uiters vaag maar ek aanvaar dat die skieters blank was - vandaar die verwysing na die "rassevoorval". Waarom is dit die norm dat wit op swart geweld altyd rassisties is (soos ook die voorval by die woonwapark) maar dat swart op wit geweld bloot net misdadigheid is? Is dit 'n persepsie wat deur die media aangevuur word of is dit net nie polities korrek om te impliseer dat swartmense ook rassiste kan wees nie. Is rassisme uitsluitlik blanke besit? Het ons die patentreg daarop verkry? Mense, ongeag hulle kleur, moet verantwoording doen vir hulle dade en reg en geregtigheid moet geskied.
-Nico


1/15/2008 2:45:03 PM
nog n moord.nou is dit rassisme?co'man, moord is moord.maak nie saak wie bly le nie.dit is verkeerd, maar die rasse storie grou so diep in my g@t ek kan iets oorkom.
hierdie is n probleem en iets masief sal moet gedoen word om die guur uit hierdie land te kry. dalk bietjie die rottang terug bring.
-iets nuuts?


 

  Kommentaar is gesluit
    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
607 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |