Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Foto:
   Foto:
Leefstyl
’n Alternatief wat jou kan help om op te hou rook
17/03/2009 04:54:15 PM - (SA)

Die nuwe sogenaamde elektroniese sigaret, Twisp, waardeur slegs nikotien ingeasem word, maar geen tabakverbranding plaasvind nie, het mense aan die gons. SAMARIE SMITH het met die verspreiders en ’n dokter gesels oor hoe dié meganisme mense kan help om op te hou rook.

Philip Bartholomew sit en teug aan sy Twisp, die elektroniese sigaret waaroor talle mense praat.

Die reukvrye “rookwalms” wat hy die lug in blaas, bestaan uit propileen-glikol (wat ook in tandepasta is), wat water aantrek en dus die voorkoms van rook het .’n Teug word geneem en die litiumbattery aktiveer die verstuiwer (atomiser) binne-in wat die middel verhit.

Maar eintlik kan niks van dié meganisme behalwe die voorkoms en die nikotien wat dit lewer, met ’n sigaret en die skade wat dit aanrig, vergelyk word nie. Dit bevat geen ander gifstowwe waarmee tabak behandel word of wat deur die verbranding daarvan vrygestel word nie.

Die Twisp word net soos ’n selfoon gelaai; en wanneer ’n mens daaraan teug, “brand” dit met ’n rooi liggie. Die nikotienfilters moet vervang word en kom in verskillende geure soos aarbei en koffie met lae tot hoër konsentrasies van nikotien. Namate die mens die gewoonte afleer, kan die nikotien heeltemal weggelaat word. Vir baie rokers (van wie 84% in elk geval wil ophou) het rook bloot ’n sosiale ding geword – iets om in jou hand vas te hou – en dít is wat hulle nie mis met die Twisp nie.

Ek is nie iemand wat my aan die neus laat lei deur die nuutste foefies nie, maar hier is dalk iets waarby die groter bevolking kan baat vind, veral nierokers en kinders wat erg deur tweedehandse rook benadeel word. Dit moedig ook nie rokers aan nie, maar is juis bedoel om mense te help om op te hou rook.

Volgens Bartholomew besoek tot 1 000 mense daagliks die webwerf en is dit rokers wat die apparaatjie bestel, of nierokers wat iemand wil help ophou rook.

“Ek het 14 maande gelede betrokke geraak omdat ek wou ophou rook, en ek is trots om te sê ek is sedertdien heeltemal rookvry. Ek stry nie dat nikotien nie-toksies is nie, maar dit is slegs een van amper 600 goedgekeurde tabakbymiddels en sowat 4 000 chemikalieë wat vrygestel word met sigaretrook. ’n Gemiddelde roker bestee tot R8 000 per jaar aan sigarette.”

“Twisp stel geen rook vry nie en kan dus in rookvrye gebiede gebruik word, maar ek stel voor jy lig omstanders in voordat jy so iets waag. Dit is vir baie mense nog ’n nuutjie.”

Dr. Kishore Deva, ’n algemene praktisyn van Pretoria, gebruik die Twisp Classic nou ses weke en sê hy het geen begeerte om weer sigarette te rook nie.

“Toe ek besluit het om op te hou rook, het ek baie navorsing oor elektroniese sigarette gedoen, en ek glo baie mense kan daarby baat vind. My battery het een keer pap geword, en ek het ’n gewone sigaret probeer rook, maar dit het aaklig gesmaak! Dit lewer nie dieselfde nikotien as sigarette nie, maar ek sou sê 10 tot 15 trekke is gelykstaande aan ’n sigaret.”

Volgens Deva is propileen-glikol ’n kosbymiddel en ’n bestanddeel van byvoorbeeld vanieljegeursel.

“Dit bevat ook ’n geurmiddel; myne het ’n Polar- mentgeur. Na my mening is dit veilig om te gebruik. Daar is min navorsing daaroor, maar ek het ook vasgestel die propileen-glikol wat jy uitblaas, is ’n lugkiemdoder,” vertel Deva. “Ek het lank ’n postnasale drup gehad, en dit het verdwyn.”

“Die beste is dat, al gebruik jy steeds nikotien, jy jou as ’n nie-roker kan beskou,” sê Deva met sekerheid.

“Nikotien is nie verantwoordelik vir die gesondheidsrisiko wat sigarette inhou nie. Die meeste plante produseer chemikalieë wat plaagdoders is en ons eet dit. Die ‘gif’ lê in die hoeveelheid. ’n Botteltjie Panado kan jou doodmaak as jy alles op een slag drink, maar jy doen dit nie. Die argument dat nikotien in hoë dosisse giftig is, is dus onsin.”

Die apparaat word deur die Nederlandse firma Janty in China vervaardig.

Twisp is nie te koop vir mense onder 18 nie omdat dit juis ’n meganisme is om mense te help om op te hou rook. Dit word ook nie vir swanger vroue aanbeveel nie.

REDES OM OP TE HOU ROOK

Jy sal baie geld bespaar en boonop langer leef.

Jou kos sal beter proe en ruik.

Minder plooie en geen geel naels nie.

Die reuk van rook aan jou klere, hare en hande is onaangenaam vir ander mense, al kom jy dit self nie agter nie.

Jou tande sal witter wees en jou asem vars.

Navorsing toon sigaretrook kan PMS-simptome vererger, selfs tweedehandse rook.

Rook verander die samestelling van jou bloed, wat die bloedsomloop benadeel en dus tot hartaanvalle kan lei.

Vroue wat rook, het ’n twee tot ses maal groter kans om ’n hartaanval te kry as dié wat nie rook nie. Die risiko styg met die aantal sigarette per dag.

Indien jy reeds ’n hartaanval gehad het en jy besluit om op te hou rook, sal jou risiko met 50% daal.

Rook speel ’n rol in longkanker, kanker van die mond, tong, keel, niere, blaas, bors, kolon en prostaat.

Sowat drie miljoen mense sterf jaarliks aan rookverwante siektes en tabak is die grootste oorsaak van voortydige sterftes.

Jy sal minder sukkel met griep en verkoue.

Binne twintig minute nadat jy ophou rook het, sal jou bloeddruk daal.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Beligting
W. HEUER
incanda
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |