Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 31º | Worcester 19º / 35º | George 18º / 25º | Port Elizabeth 19º / 22º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Boeke
ONNOEMENSWAARDIG
19/04/2009 06:25:35 PM - (SA)

Die buiteblad van Johann de ­Lange se eerste nuwe digbundel sedert 1995, Die Algebra van Nood, illustreer iets van die tema en toon van die bundel. Wat veral opval, is die ets van ’n droewige, gekwelde gesig, met hande in die (min) hare. Agterop is daar ’n gekrabbel agter syfers (soos algebra?), en ’n skets vir ’n gedig wat in die bundel ­verskyn, “Rembrandt”:

Rembrandt het sy doeke met donker

verlig, sy soeke na klaarheid

met skadu’s verdig

Soos Rembrandt deur donker en skadu in sy werk helderheid ­gesoek het; so streef die digter deur woorde – “wat maar klank en teken is” – na betekenis. In albei kunsvorme is daar beperkings en teenstrydighede in die middele tot representasie.

Saam met ’n afdeling ars poetica is daar ’n twintigtal gedigte – of fragmente van gedigte – oor die maak van die gedig, oor woorde, oor taal. Dan ook nog motto’s, ­parodieë, opdragte en herinnerings aan ander digters, en verse op die wysie van ander digters se verse ook by die twintig.

Die middele waardeur betekenis sou kon kom, word soms sinvol gebruik. Daar is metafore wat slaag, intuïtief beelde skep. Soos skape geassosieer met wol: “ . . . kop aan heup in ’n ry / staanslaap die skape gebrei”. Ook beelde oor ’n gedig, soos: “wat hier staan, is geen gedig / veel eerder ’n kopreis / deur die ja-nee van ’n beeld . . . ” ; en: “Die beeld buig bronstig /oor sy aarde gekrom / soos oor ’n minnaar / maar sy ekstase bly stom”.

Daar is egter ook beelde wat te uitgedink is, eerder kognitief as intuïtief. Soos in die gedigte “Duimsketse”, “Oggendlied vir die Vissers”, “Sketsboek”, “Bloem in die Karoo”. Soms oordoen, retories dekoratief. ’n Voorbeeld is ­enkele reëls waarin alliterasie en ­assonansie net te veel word – miskien gepas as voorlees-satire. Dit kom uit “Bolandse Tafereel”: “Dan: onder rankroos-boë deur / tot by die oase: bottels / & blikkies drank wat klots / & rinkel tus­sen slinkende ysskotse, / & die geklets van gesinne, / verliefdes & verloofdes, / huis­like krakele vir eers vergete. / In die agtergrond die plaasdam: / krakeluur van water met eende / & stink groen slym . . . ”

Miskien ook te lank. Ek wonder ook of die bundel nie te veel is nie. Miskien sou dit strenger geredigeer kon word?

’n Opvallende verskynsel uit die aangehaalde stuk ook deel van die kuns van die poësie hier is die ­gebruik van die “&” vir “en”, maar ook soms vir ’n komma; of dit kan doodgewoon uitgelaat word. Die “&” word dus ’n ­teken, soos woorde tekens is, en soos algebra wat met tekens werk.

’n Kort afdeling (VII: “Wat Sag is”) word gewy aan opdragte, waarvan die een vir my raaiselagtig is. Dis opgedra aan Hennie ­Aucamp, en dit is ’n beskrywing in die fynste besonderhede van ’n disseksie, wat by die “skrander kop” begin, en eindig ná die ontbloting van die bloederige ingewande waar alles “onnoemingswaardig” is met “Maar jy is meer as die som van jou dele. / Jy is meer as wat kloofbaar is”.

’n Aanduiding van die motivering vir hierdie oopkloof van ’n ­liggaam lê miskien in die mede­deling dat die hart in orde is; en “Hy is nooit / deur jou bemin nie”. Is die gedig dan ’n ver-beelding van iets wat sou kon gebeur het?

Iets soortgelyks – die indringing in die liggaam van ’n ander – is die “Palinode” in die styl van Van Wyk Louw (veral in Tristia), en dus gerig aan hom:

Nog een maal wil ek in jou mond kom

onbevange en sonder vrees, sonder kondoom diep

in jou gorrel my vlees

forseer & fluister, al is jy seer & dof,

met elke druppel

wat uit my donker in jou donker plof.

Haat en liefde, of ook ’n soort wraak? Ek sou sê: verkragting /ontkragting. Eintlik behoort ’n mens jou nie te ernstig aan dié ­gedig te steur nie.

Buiten die verskeie fragmente van De Lange se poëtiese bespiegeling oor die ars poetica is die ­meeste ander gedigte in die bundel onnoemenswaardig.

Maar De Lange het dit waarskynlik ook aangevoel; daarom ­begin hy die bundel met dié byna laaste, droewige woorde van T.S. Eliot se The Waste Land:

“These fragments I have shored against my ruins”.

Human & Rousseau, KAAPSTAD. (SAGTEBAND, 128 BLADSYE, ISBN 9 780 79815 048 4.)

AMPIE COETZEE IS EMERITUS-PROFESSOR IN AFRIKAANS AAN DIE UNIVERSITEIT VAN WES-KAAPLAND.

Poësie

DIE ALGEBRA VAN NOOD

Johann de Lange

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
603 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |