Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Boeke
FIKSIE:’n Slagterseun met ’n Brilletjie,Tom Lanoye
31/08/2008 08:57:54 PM - (SA)

Tom Lanoye het in 1996 ’n vastrapplek in die hart van Afrikaanse lesers gekry danksy die vertaling, deur Daniel Hugo, van sy trefferboek Kartondose. Dié “literêre pop­ster” van die Lae Lande het verlede Woensdag 50 geword.

Afrikaans kon nie vra vir ’n beter geskenk as Protea Boekhuis se besluit om ’n keur van Lanoye se gewildste skrywes onder die titel ’n Slagterseun met ’n Brilletjie uit te gee nie. Hugo was, met sy besondere aanvoeling vir Lanoye se werk as digter, prosaïs en dramaturg, ’n logiese keuse as vertaler.

Die sjarme van die Lanoye-narratief, wat lesers hier en in Europa in groot getalle oorrompel het, blyk duidelik uit verskillende elemente in die ses verhale wat in Slagterseun opgeneem is.

Die biografiese inslag onderliggend aan van Lanoye se populêrste werk is aanwesig in die helfte van die vertellings in hierdie publikasie.

In die titelverhaal word die skry­wer se familiegeskiedenis in die historiese raamwerk van die wêreldoorloë verken. Wanneer die skrywer se moeder las het van sy skoppende fetus in haar buik, openbaar Jean-Baptiste, ’n Lanoye-voorvader, hom in ’n visioen aan haar. As boodskapper uit die dode druk hy dit haar op die hart dat dié telg tog ten alle koste die trotse slagtertradisie van sy voorsate moet voortsit. In 1917 is Noë Lanoye immers deur Duitse soldate gedwing om perde wat in veldslae gewond is, dood te maak en af te slag.

Teen die einde van die verhaal protesteer die pasgebore baba egter luidkeels dat hy eerder ’n digter en “performer” wil word wat in “die gimnastiekklas . . . op elke outjie verlief raak”.

Die surrealisme wat die titelverhaal ten grondslag lê, word deurgevoer na die res van die bundel. Deurgaans is daar ’n spel tussen feit en fiksie, die reële en die absurde, fantasie en werklikheid.

Grense tussen dié sfere word moeiteloos opgehef deur Lanoye se kenmerkende narratiewe drif, sy besondere humor en die aanwending van genre-wisseling. Die visuele aanslag in Lanoye se prosa dien as smeermiddel teen die moontlike vervreemding wat lesers mag ervaar as gevolg van die kreatiewe omgang met tradisionele konvensies.

“ ’n Perfekte Moord (’n Riller)”, “Spek en Boontjies (’n Draaiboek)” en “Onweer in die Trope (Tonele)” bevestig die opvatting dat Lanoye-lesers selde kan waag om die uitkomste van sy vertellings te voorspel. Die verrassende wendings waarmee die intriges telkens ontknoop, illustreer die werksaamheid van ’n meesterlike verbeelding.

Perspektiewe op die Suid-Afrikaanse werklikheid word ontgin in die verhale wat onderskeidelik in Johannesburg en in Kaapstad afspeel – “Johannesburg, Le Bain” en “Gesonde Verstand in die Buiteland”. Die verstrengeling van ge­weld en erotiek en die rol wat galgehumor speel om die vrese wat Suid-Afrikaners se hartklop bepaal, draaglik te maak, word sielroerend daarin uitgebeeld.

Die sjarme van Lanoye se kuns lê onder meer in die eerlikheid waarmee temas aangeroer word, die vloeibaarheid waarmee stories hul loop neem, die bewuste speelsheid waarmee wêrelde in lesers se koppe oopgeskiet word.

Die Afrikaanse letterkunde kan doen met ’n Tom Lanoye. Die keurige ywer van vertalers soos Daniel Hugo bewys dit.

PROTEA BOEKHUIS, PRETORIA. (SAGTEBAND, 120 BLADSYE, ISBN 9 781 86919 254 9.) Uit Nederlands vertaal deur daniel hugo.

melt myburgh is ’n INHOUDSBESTUURDER VAN DIE WEBWERF litnet

Op die Kunsblad skryf Daniel Hugo oor Tom Lanoye op 50.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |