Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Vermaak
Skool se beoogde veiling van Africana onder skoot
26/01/2009 05:37:26 PM - (SA)

“Suid-Afrikaners met ’n waardering vir die kuns van hul meesters behoort dit glad nie te aanvaar dat skilderye uit die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch se waarde­­volle kunsversameling uit die land geneem en in Londen ­verkoop word nie.”

Só sê mnr. Louis Schachat, ­eienaar van Die Kunskamer in Kaapstad en een van die mees ge­rekende kenners en handelaars van Africana-kuns in die land.

“Daar is ’n veel groter waarde te heg aan hierdie skilderye as bloot die kommersiële. Ek twyfel ook of ’n oorsese veiling die beste wyse is om daarvan ontslae te raak as dit dan nou verkoop móét word.”

Hy is om kommentaar genader na aanleiding van berigte dat die skool se beheerraad die Londense afslaer Bonhams versoek het om skilderye deur Maggie Laubser, Jacob Hendrik Pierneef en Alexis Preller uit sy unieke kuns­ver­same­ling van 45 werke, oor vier dekades byeengebring deur die bond van oud-leerlinge, op 3 Februarie op te veil. Die skool wil die opbrengs in eiendom belê wat hy vir verblyf aan onderwysers kan verhuur.

“Hierdie werke is histories ­belang­rik, want dit gaan ook oor die Bloemhof-skool self én oor sy oud-leerlinge, oor die opvoed­kunde en die geskiedenis. Dit gaan óók oor emosies.

“Dit behoort nie van Bloemhof vervreem te word nie. Verbeel jou wat sal gebeur as die Hoërskool Jan van Riebeeck, byvoorbeeld, sou ­besluit om stukke uit sy Boerneef-kunsversameling vir watter doel ook al te verkoop. Dit is mos haas ondenkbaar.”

Dit is verder ’n wanopvatting dat as Suid-Afrikaanse kuns, veral ­Africana, oorsee verkoop word, dit beter pryse sal behaal, sê Schachat.

Hoewel daar ook buitelanders is wat in dié kuns belang stel, is ­verreweg die meeste versamelaars Suid-Afrikaners hier ter plaatse.

Schachat sê hy vind dit in elk ­geval verbasend dat ’n plaaslike ­afslaer, soos Stephan Welz, nie ­eerder genader is om die Bloem­hof-skilderye – Indiese meisie met Poinsettias van 1936 deur Maggie Laubser (1886-1973), Golden Gate, Clarence van die 1950’s deur ­Pierneef (1886-1957), en Stillewe met Krokodil van 1949 deur ­Preller (1911-1975) – op sy veilings te verkoop nie.

Welz se veilings is wyd bekend om die rekordpryse wat dit jaar ná jaar vir Suid-Afrikaanse kuns en meubels behaal.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |