Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 20º / 27º | Worcester 16º / 30º | George 18º / 25º | Port Elizabeth 18º / 24º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
In die droë aarde van die Baviaanskloof is daar teen alle verwagtinge ’n veenvleiland gevind. Foto: mariska spoormaker
In die droë aarde van die Baviaanskloof is daar teen alle verwagtinge ’n veenvleiland gevind.    Foto: mariska spoormaker
Oos-Kaap
Veenland in die droogte
09/11/2008 11:26:37 PM - (SA)

Veenvleilande in die middel van die droë Baviaanskloof? Ongelooflik soos dit mag klink, is dit wel die geval, het verbaasde inwoners en wetenskaplikes verlede week gevind nadat toetse gedoen is oor hoe die loop van die Baviaanskloof­rivier verbeter kan word. Die veenvleilande is op die plaas Rus en Vrede van mnr. Chris Lamprecht ontdek.

“Veenvleilande in die Baviaanskloof is net so ongewoon soos ’n vleiland in die kurkdroë Karoo,” het mnr. Japie Buckle, Oos-, Noord- en Wes-Kaapse direkteur van die projek Werk vir Vleilande, gesê.

“Ons kon ons oë nie glo toe ons op die veenvleiland afkom nie. Die veen lê omtrent 20 cm diep in die grond, met ’n 10 cm laag as bo-op. Die as wys die veen het baie jare lank gebrand,” het Buckle gesê.

Veen bestaan uit organiese materiaal soos riete, biesies, blare en mos wat stadig ophoop omdat permanente nat toestande in dié soort vleie veroorsaak dat plante nie deur vinnige oksidasie afgebreek word nie.

In 1981 was dié veenland volgens Buckle nog ’n gewone vleiland. Ná erge vloede daardie jaar het boere in die omgewing staatsubsidies gekry om vloedskade aan hul lande te herstel. Talle boere het toe sytakke van die Baviaanskloofrivier verlê om hul landerye te beskerm.

Weens dié verskuiwing het die watertafel van die Baviaanskloof oor die jare met meer as twee meter gesak en die grond in die gebied, waaronder die veen in die vleiland, het ook uitgedroog.

Gevolglik is dié ongewone veenvleiland die meeste van sy uitstekende kenmerke kwyt. Gewoonlik is veenvleilande sponsagtig en kan 100 liter veen geleidelik sowat 900 liter water in droogtetye vrystel.

Omdat die veenvleiland in die Baviaanskloof só uitgedroog is, sal streng beplanning nou nodig wees om te kyk hoe – indien wel – dié veenvleiland gered kan word.

In die kloof self gons dit oor die veenvleiland wat in dié oorwegend droë aarde gevind is. Mev. Magriet Kruger van die plaas Zandvlakte, wat langs Rus en Vrede geleë is, het gesê die “veenvleiland dien as ’n bewys daar was baie jare gelede baie water in die Baviaanskloof.”

Lamprecht kon gister nie vir kommentaar bereik word nie.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
87 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |