|
|||||||||||
|
| VIND: |
Sport
Titel wink weer vir susters
02/07/2009 09:31:45 PM - (SA)
Johannesburg. - Die Williams-naam sal môre weer op die Venus Rosewater-trofee gegraveer word, nadat Venus en Serena Williams gister in twee uiteenlopende wedstryde geseëvier het om môre die vierde keer die dekade in die eindstryd teen mekaar te speel.
Die susters het in 2002, 2003 en 2008 teen mekaar te staan gekom om tennis se gesogste kroon.
Die jonger Serena is op die eerste twee geleenthede as die Wimbledon-kampioen gekroon, terwyl Venus haar eerste sukses teen haar kleinsus verlede jaar behaal het.
Gemeet aan gister se vertonings kan ons weer ’n ysere stryd verwag, maar tog sal Venus as oorweldigende gunsteling aantree nadat sy die voorste speler in die wêreld, die Rus Dinara Safina, binne 51 minute met 6-1, 6-0 oorrompel het.
Die Amerikaner het ’n enkele ongedwonge fout begaan, teenoor Safina se 16. Sy het 5 kishoue geslaan en 67% van die punte op haar teenstander se afslaan gewen.
In teenstellling daarmee was Serena vir 167 minute op die hoofbaan van die All England Club en moes sy ’n wedstrydpunt afweer voor sy nog ’n Rus, Elena Dementieva, eindelik met 6-7 (4-7), 7-5 en 8-6 kon planke toe stuur.
Die wedstryd was die langste halfeindstryd in Wimbledon-geskiedenis en sal wondere doen vir die reputasie van vroue-tennis, wat in die laaste jare erg gekritiseer is oor die onbestendigheid van die sport se voorste spelers en eensydigheid van die wedstryde – soos weer die geval was in Venus se oorwinning oor Safina.
Serena en Dementieva het mekaar egter punt vir punt uitgedaag en geweier om bes te gee.
Die wedstryd het agt suksesvolle breekpunte opgelewer, met vyf vir die uiteindelike wenner en drie vir Dementieva, die Olimpiese kampioen.
Williams het 20 kishoue afgevuur, maar het ook met tye die kluts kwytgeraak op haar gewoonlik vreesaanjaende afslaan.
Sy kon net 57% van haar eerste afslane in die baan hou en was besonder wankelrig op haar tweede afslaan, waarop sy net 25 van 53 punte kon wen.
Dit sal môre die negende keer in tien jaar wees dat een of albei Williams-susters in die eindstryd speel.
Venus hoop om trofee nommer 6 te wen en die eerste vrou sedert Steffi Graf te word wat drie agtereenvolgende Wimbledon-titels wen.
Serena slaan af vir ’n derde Wimbledon-trofee en ’n elfde Grand Slam-titel.
) Die laaste oorblywende Suid-Afrikaner, Wesley Moodie, en sy Belgiese dubbelspelmaat, Dick Norman, het eindelik gister die knie gebuig ná ’n week waarin hulle hul vermoë om saam met die groot honde te blaf, met mening onderstreep het.
Moodie en Norman het Dinsdag en Woensdag twee marathon-stryde van vyf stelle elk oorleef om hul vierde halfeindronde in soveel toernooie te bereik, maar die wedstryd teen die Bryan-broers, eerste gekeur, was ’n hekkie te hoog vir die kanonpoot-duo.
Bob en Mike Bryan het hul nederlaag teen dieselfde teenstanders in die halfeindstryd van die Franse Ope in skoon stelle gewreek met 7-6 (7-4), 7-6 (7-3) en 6-4, nadat hulle die enigste breekpunt van die wedstryd gewen het.
Moodie-hulle (de gekeur) het manmoedig geveg in ’n stryd wat hulle as die buiteperde begin het, en het 26 kishoue afgevuur om hul reputasie as afslaan-meesters gestand te doen.
Dit was nie goed genoeg nie, met die Bryans wat ooglopend varser en skerper was en nooit gevaar geloop het om dié een te verloor nie.
Die Williams-naam sal Saterdag weer op die Venus Rosewater-trofee gegraveer word, nadat Venus en Serena Williams gister in twee uiteenlopende wedstryde geseëvier het om môre vir die vierde keer die dekade in die eindstryd teen mekaar te speel.
Die susters het in 2002, 2003 en 2008 teen mekaar te staan gekom om tennis se gesogste kroon. Die jonger Serena is op die eerste twee geleenthede as kampioen gekroon, terwyl Venus haar eerste sukses teen haar kleinsus verlede jaar behaal het.
Gemeet aan gister se vertonings kan ons vanjaar weer ’n ysere stryd verwag, maar tog sal Venus as oorweldigende gunsteling aantree nadat sy die wêreld se voorste speler, die Rus Dinara Safina, binne 51 minute met 6-1, 6-0 oorrompel het.
Die Amerikaner het vyf kishoue geslaan, ’n enkele ongedwonge fout aangeteken, teenoor Safina se 16, en 67% van die punte op haar teenstander se afslaan gewen.
In teenstellling daarmee was Serena vir 167 minute op die
hoofbaan van die All England Club en moes sy ’n wedstrydpunt afweer voor sy nog ’n Rus, Elena Dementieva, uiteindelik kon planke toe stuur met 6-7 (4-7), 7-5, 8-6.
Die wedstryd was die langste halfeindronde in Wimbledon-geskiedenis en sal wondere doen vir die reputasie van vroue-tennis, wat in die laaste jare erg gekritiseer is vir die onbestendigheid van die sport se voorste spelers en eensydigheid van die wedstryde – soos weer die geval was in Venus se oorwinning oor Safina.
Serena en Dementieva het mekaar egter punt vir punt uitgedaag en geweier om bes te gee.
Die wedstryd het agt suksesvolle breekpunte opgelewer, met vyf vir die uiteindelike wenner en drie vir Dementieva, die Olimpiese kampioen.
Williams het 20 kishoue afgevuur, maar het ook met tye die kluts kwytgeraak op haar gewoonlik vreesaanjaende
Die laaste oorblywende Suid-Afrikaner, Wesley Moodie, en sy Belgiese dubbelspelmaat Dick Norman moes uiteindelik gister die knie buig ná ’n week waarin hulle hul vermoë om saam met die groot honde te blaf, met mening onderstreep het.
Moodie en Norman het Dinsdag en Woensdag twee marathon-stryde van vyf stelle elk oorleef om hul vierde halfeindronde in soveel toernooie te bereik, maar gister se wedstryd teen die eerste gekeurde Bryan-broers was uiteindelik ’n hekkie te hoog vir die kanonpoot-duo.
Bob en Mike Bryan het hul nederlaag teen dieselfde teenstanders in die halfeindstryd van die Franse Ope gister in skoon stelle gewreek met 7-6 (7-4), 7-6 (7-3), 6-4, nadat hulle die enigste breekpunt van die wedstryd gewen het.
Moodie-hulle, die negende gekeurdes, het manmoedig geveg in ’n stryd wat hulle as die buiteperde begin het, maar die voorste gekeurde Bryans was ooglopend varser en skerper.
Hul grootste wapen is albei se yslike afslaan, en teen ’n ander span sou die feit dat hulle 26 kishoue teenoor ses geslaan het, die uitslag dalk beïnvloed het. Maar hulle het die moontlike impak daarvan uiteindelik self uitgewis deur 8 dubbelfoute en 24 ongedwonge foute te maak. Die Bryans het drie van elk geregistreer.
Die Williams-naam sal Saterdag weer op die Venus Rosewater-trofee gegraveer word, nadat Venus en Serena Williams gister in twee uiteenlopende wedstryde geseëvier het om môre vir die vierde keer die dekade in die eindstryd teen mekaar te speel.
Die susters het in 2002, 2003 en 2008 teen mekaar te staan gekom om tennis se gesogste kroon. Die jonger Serena is op die eerste twee geleenthede as kampioen gekroon, terwyl Venus haar eerste sukses teen haar kleinsus verlede jaar behaal het.
Gemeet aan gister se vertonings kan ons vanjaar weer ’n ysere stryd verwag, maar tog sal Venus as oorweldigende gunsteling aantree nadat sy die wêreld se voorste speler, die Rus Dinara Safina, binne 51 minute met 6-1, 6-0 oorrompel het.
Die Amerikaner het vyf kishoue geslaan, ’n enkele ongedwonge fout aangeteken, teenoor Safina se 16, en 67% van die punte op haar teenstander se afslaan gewen.
In teenstellling daarmee was Serena vir 167 minute op die hoofbaan van die All England Club en moes sy ’n wedstrydpunt afweer voor sy nog ’n Rus, Elena Dementieva, uiteindelik kon planke toe stuur met 6-7 (4-7), 7-5, 8-6.
Die wedstryd was die langste halfeindronde in Wimbledon-geskiedenis en sal wondere doen vir die reputasie van vroue-tennis, wat in die laaste jare erg gekritiseer is vir die onbestendigheid van die sport se voorste spelers en eensydigheid van die wedstryde – soos weer die geval was in Venus se oorwinning oor Safina.
Serena en Dementieva het mekaar egter punt vir punt uitgedaag en geweier om bes te gee.
Die wedstryd het agt suksesvolle breekpunte opgelewer, met vyf vir die uiteindelike wenner en drie vir Dementieva, die Olimpiese kampioen.
Williams het 20 kishoue afgevuur, maar het ook met tye die kluts kwytgeraak op haar gewoonlik vreesaanjaende
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |