Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 19º / 24º | Worcester 18º / 29º | George 19º / 25º | Port Elizabeth 22º / 28º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Sport
Harbhajan saai amok
01/08/2008 07:50:00 PM - (SA)

Galle. – Indië se wegbreekbouler Harbhajan Singh het gister hier sy span in die prentjie gehou op die tweede dag van die tweede kriekettoets teen Sri Lanka.

Sri Lanka kolf vanoggend op 215/5 voort nadat Harbhajan 4/71 met sy wegbreke platgetrek het. Sri Lanka is nog 114 lopies agter Indië, wat vir 329 in sy eerste beurt uitgehaal is.

Harbhajan het die paaltjies van Malinda Warnapura (66), Kumar Sangakkara (68), Thilan Samaraweera (14) en Tillakaratne Dilshan (0) ingeoes.

Sri Lanka was op 137/1 in ’n gunstige posisie, maar het die kluts in die laaste sessie teen Harbhajan se akkurate boulwerk kwytgeraak.

Die kaptein, Mahela Jayawardene (46*), en die paaltjiewagter Prasanna Jayawardene (5*) hervat vandag Sri Lanka se eerste beurt. Jayawardene is kort voor die uitskeityd ’n lewe gegun toe ’n vangskoot verbrou is.

Vroeër het Indië se aanvangskolwer Virender Sehwag byna op sy eentjie teen Sri Lanka se nuwe draaiboulheld, Ajantha Mendis (6/117), geveg.

Aan die einde van die kolfbeurt was Sehwag onoorwonne op 201 – sy eerste dubbele honderdtal teen Sri Lanka. Sy kolfbeurt het 22 viere en 4 sesse ingesluit en is van net 231 balle aangeteken.

Toe Mendis die laaste paaltjie ingeoes het, het Sehwag slegs die tweede Indiese kolwer naas Sunil Gavaskar geword wat die hele kolfbeurt voor die paaltjies was.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
90 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |