Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 20º / 31º | George 19º / 27º | Port Elizabeth 22º / 26º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SPORT  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Manchester United se spelers het gistermiddag ’n bietjie van die vlugflouheid met ’n ligte oefensessie op Nuweland afgeskud. Dié span pak Kaizer Chiefs vandag. Kapenaars kan sterre soos Wayne Rooney en Jonny Evans (foto links), en Wes Brown, Carlos Tevez en Ryan Giggs (regs) op Nuweland in aksie sien. Foto’s: YUNUS MOHAMED
Manchester United se spelers het gistermiddag ’n bietjie van die vlugflouheid met ’n ligte oefensessie op Nuweland afgeskud. Dié span pak Kaizer Chiefs vandag. Kapenaars kan sterre soos Wayne Rooney en Jonny Evans (foto links), en Wes Brown, Carlos Tevez en Ryan Giggs (regs) op Nuweland in aksie sien.    Foto’s: YUNUS MOHAMED
Sport
Man U is ’n berg voor Chiefs
18/07/2008 09:50:15 PM - (SA)

Kaapstad. - Die Vodacom-uitdaagtoernooi kan straks die letsels ontbloot wat die Cristiano Ronaldo-sage op Manchester United se voorseisoense sokkervoorbereiding gelaat het.

Die Engelse Premierliga- en Kampioeneliga-wenner speel vandag op Nuweland in die eerste wedstryd van die jaarlikse toernooi teen die Suid-Afrikaanse spogspan Kaizer Chiefs.

Ronaldo, wie se 42 doele ’n groot rol in die Rooi Duiwels se sukses van die vorige seisoen gespeel het, word met ’n skuif na Real Madrid verbind.

Hoewel United nie sy Portugese vleuel wil verkoop nie, het die speler al verskeie kere in die media gesê hy wil graag in Spanje speel.

Die United-breier, Alex Ferguson, het vroeër vandeesmaand met Ronaldo vergader. Volgens hom sal hy ’n United-speler bly.

“Ons vergadering het baie goed verloop.

“ Daar was nie probleme nie, en en hy sal dié seisoen ’n Manchester United-speler wees,” het Ferguson gesê.

“Ons albei het ons menings gegee – waar hy staan en waar ons staan.

“Ek kan met sekerheid sê hy gaan ’n Manchester United-speler wees. Ons gaan hom nie verkoop nie.”

Volgens hom het Ronaldo ’n kontrak met United en hy was nie bang dat hy in die afseisoen sou verhuis nie.

“Ek was met vakansie, en glo my, ek was nie van plan om dit kort te knip nie.

“Dit was nie ’n moeilike situasie nie. Hy het ’n kontrak met Manchester United en ons het die hef in die hand.

“Wat ons tot dusver goed gedoen het, is om niks te sê nie. Ek en Cristiano se vergadering is privaat.

“Ek het hom verlede week in Portugal gaan sien, en ons het in ’n goeie gees vergader. Dit is hoe ons die seisoen gaan afskop.”

Ronaldo het vanweë sy deelname vir sy geboorteland in die Euro2008-toernooi nie saam met sy spanmaats na Suid-Afrika gereis nie. Hy het ook ’n enkeloperasie gehad en sal tot Oktober op die kantlyn wees.

“Ons gaan hom genoeg tyd gee om te herstel en sal wag tot hy 100% reg is voordat hy weer uitdraf,” het die Skotse breier gesê.

Of Ronaldo nou hier is of nie, staan United vandag soos Tafelberg voor die Chiefs-spelers en hul afrigter, Muhsin Ertugral.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
606 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |