|
|||||||||||
|
| VIND: |
Sport
Heric het nie strategiese plan gehad – Bay-webwerf
21/11/2008 12:52:43 AM - (SA)
Port Elizabeth. - Vladislav Heric, wat pas as afrigter van Bay United se sokkerspan bedank het, het volgens dié klub se amptelike webwerf nie ’n plan gehad om sy span se vertonings te verbeter nie.
Heric het eergister bedank nadat Bay United se raad van direkteure wou hê hy moes in die toekoms sterker saam met ’n tegniese komitee werk.
Heric was nie daarvoor te vinde nie en het uitgevaar teen wat hy as onredelike inmenging van die direksie beskryf het.
Volgens die webwerf het Heric egter nooit ’n strategie vir die seisoen, wat reeds in Julie aangevra is, voorgelê nie.
“Jy het toegegee dat jy nooit die beloofde strategie aan die klub voorgelê het nie,” het Sipho Pityana, Bay United se voorsitter, glo in ’n brief aan Heric geskryf.
“Jy het ook toegegee dat die klub jou volle outoriteit en ondersteuning om jou werk sonder inmenging van enigiemand binne of buite die klub te doen, gegee het.
“Ons het in ons vergadering met jou gesê ons is nie oortuig jy besef watse uitdagings daar aan die span gestel word nie, wat maak dat hy onderpresteer.”
Volgens die bestuur het Heric gesê die spelers is “wisselvallig” en soms laat vir oefeninge.
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |