15/03/2009 11:26:31 PM - (SA)
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se winter- en lenteskole. Die inskrywings vir Die Burger se Vakansieskole open vandag. (Laai die
inskrywingsvorm hier af).
Die Burger-in-die-Klaskamer-vakansieskole bied vanjaar topgehalte-opknappingskursusse vanaf 29 Junie tot 3 Julie by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch aan. Kursusse word ook in Port Elizabeth by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit vanaf 29 tot 30 September aangebied. Die onderrigmedium vir alle kursusse is Afrikaans. Jippers sal goed afgerond word vir die onderskeie eindeksamens. Jippers kan onder meer inskryf vir Wiskunde, Fisiese Wetenskappe, Rekeningkunde, Lewenswetenskappe, Besigheidstudies, Ekonomie en Afrikaans.
Die vakke word per dag aangebied, met ander woorde jy kan vir ’n dag, twee dae of die hele week inskryf. Die onderrigtyd is ses uur per dag en klasse sal daagliks om 8:30 begin en om 16:00 eindig.
Vir enige navrae of ’n inskrywingsvorm kontak Megan Capoto by 021 406 2863 of Rikus van Rooy by 021 406 3431 of stuur e-pos na mcapoto@dieburger.com.