Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 12º / 20º | Worcester 9º / 23º | George 11º / 18º | Port Elizabeth 14º / 19º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Opinie
DAWIE; 18 Oktober: Watson merk I en II, Komphela en Frolick
18/10/2008 01:07:05 AM - (SA)

Die afgelope week was dit darem ’n narigheid om te sien hoe teenstanders van die Springbok rondspring om ons arme nasionale rugbydier tot slagting te bring.

Drie figure het met hul gedrag tot hierdie narigheid bygedra: die politici mnre. Butana Komphela en Cedric Frolick, en die rugbyspeler Luke Watson.

’n Paar organisasies het die narigheid stopgesit; alle politieke partye en die land se rugby-owerhede was voor in die koor.

Kom ons begin by Luke, wat deesdae deur allerlei nare mense “Puke” genoem word.

Sy banale opmerkings by die Universiteit van Kaapstad dat hy wou naar word op sy Springboktrui is seker die mees smaaklose opmerking in jare.

En toe dit aan die lig kom, hardloop Grootman Luke en skuil agter Pappa, die veelbesproke (en bepaald nie net in rugby nie) Cheeky Watson, om vir hom die woord te voer.

Hoe pateties was sy verweer tog. Eers beweer Pappa dat Seuna dit nooit gesê het nie (die studentikose rassisme van sy uitlatings oor “Dutchmen” is met meer volwassenheid deur Afrikaners vergeet as wat dit deur Luke geuiter is), en toe (rom-rom-rom) kom die groot dreigement (steeds by monde van Pappa): Seuna behou hom sy regte voor, want die opname is sonder sy instemming gemaak.

Nou kom laat Dawie sommer gou vir al die Watsons (wie se omstredenheid mos ook onder meer die gebiede van tronke en die regbank omvat, sal diegene met ’n langer geheue as ’n goudvis onthou) ietsie van die strafregstelsel probeer aan die verstand bring.

As jy genooi word na ’n geleentheid waarna ook joernaliste genooi word, is daar ’n redelike kans dat jy jou woorde later op skrif gaan teenkom as jy dinge sê wat in opgevoede geselskap onaanvaarbaar is. Jy het geen wet om jou op te beroep nie.

Tweedens wonder Dawie of die Watsons dus meen dit sal in die haak wees as Luke sy nare en rassistiese menings lug waar dit nie gerapporteer sal word nie, en dat sy sentiment eintlik in die haak is.

Hoekom is hy bekommerd dat sy sentimente aan die lig kom? Is hy skaam daaroor? Sou hy dit eerder wegsteek of selfs ontken? Is dit eerlik of eerbaar?

Elders in Die Burger word vandag aangehaal uit ’n onderhoud van Luke ’n paar jaar gelede met ons sustertydskrif Sports Il­lus­trat­ed.

Daarin sê hy onder meer die Boktrui “verteenwoordig gelykheid, eenheid en ’n eens verdeelde nasie wat nou saamstaan”.

Nou wonder Dawie wat sy ware gevoelens is. Weet hy wat sy gevoelens is? Of is dit aanpasbaar? Dalk kan hy ons vertel, en sy eie stryd stry eerder as om weer Pappa voor te stoot.

Boonop stel Luke darem nuwe standaarde vir kla met die witbrood onder die arm. As Dawie Luke was en byna ’n miljoen rand verdien het uit iets wat volgens Luke self so moreel bedenklik is soos speel in ’n Boktrui, sou Dawie darem oor sy eie moraliteit twyfel.

Ag, en dan die laagtepunt van ’n spesifiek bar sentiment, naamlik Komphela se stelling dat hy aan Luke se nare gedrag wil meedoen.

Al wat Dawie kan sê, is dat hy die twee die vervulling van hul wens gun: dat hulle iewers saam kan gaan naar word. Iewers ver van Dawie af, asseblief.

Dawie meen as die ANC ernstig oor versoening is, is die vervanging van Komphela as voorsitter van die parlement se sportkomitee ’n goeie begin.

Solank hulle hom net nie vervang deur sy instemmende kollega, die nimlike Frolick, nie.

Dawie sien ou Cedric is deesdae minder voortvarend. Die rede is waarskynlik dat die ANC, tot sy ewige eer, die Springbok beskerm het soos redelike Suid-Afrikaners van alle agtergronde en politieke oortuigings dit doen.

Die vraag vir sommige ambisieuse politici van ’n sekere soort is natuurlik hoe om in sulke veranderlike omstandighede hul mantel na die bewind te draai.

Die verkiesing lê voor, en nou het jy jou misgis! Wat nou?

Dawie het hierop dieselfde antwoord as ons regering, die ANC en bykans alle behoorlik funksionerende opposisiepartye.

Dit is dat die antwoord op ons grootste nasionale vraagstuk, naamlik etniese verdeling, lê in verdraagsaamheid en versoening, en nie in die aftakeling van die nasionale simbole wat Suid-Afrikaners moet verenig nie.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
91 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |