Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 12º / 20º | Worcester 9º / 23º | George 11º / 18º | Port Elizabeth 14º / 19º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Angelina JolieFoto: reuters
Angelina Jolie   Foto: reuters
Buiteland
Angelina Jolie verdien die meeste
02/07/2009 10:25:53 PM - (SA)

New York. – Angelina Jolie is die topverdiener onder Hollywood-aktrises nadat sy die afgelope jaar $27 miljoen (sowat R210 miljoen) in die sak gesteek het.

Sy het haar lewensmaat, Brad Pitt, se eksvrou, Jennifer Aniston, geklop, wat $25 miljoen (R195 miljoen) verdien het, het Forbes.com bekend gemaak.

Die meeste van Jolie se inkomste is uit haar deel van die wins uit haar aksiefliek Wanted, maar sy het ook vir haar rol in Salt ’n groot voorafbetaling ontvang.

Jolie en Pitt het ses kinders.

Aniston het die meeste van haar miljoene uit die romantiese komedie Marley and Me en haar komende rolprent, The Baster, gemaak.

“Aniston verdien ook steeds geld uit (herhalings van die TV-reeks) Friends en sy kry ’n lekker tjek vir haar bemarking van Glacéau se SmartWater,” het Forbes. com berig.

Meryl Streep is in die derde plek met $24 miljoen, waarvan die meeste uit haar rol in Mamma Mia kom, terwyl Sarah Jessica Parker met $23 miljoen vierde is ná die fliekweergawe van die TV-reeks Sex and the City. Cameron Diaz beklee die vyfde plek nadat sy tussen Junie 2008 en Junie 2009 $20 miljoen verdien het.

Forbes.com het gesê hy het met agente, bestuurders, vervaardigers en prokureurs gepraat om uit te werk wat aktrises vooraf betaal is vir flieks wat hulle tans maak en wat hulle sou kon verdien het teen die tyd dat die rolprente in teaters begin draai. Inkomste uit parfuum of klerereekse is ook bygetel.

“Soos wat steeds tipies is vir Hollywood, het ons aktrises aansienlik minder as hul manlike eweknieë verdien,” het Forbes. com gesê en uitgewys dat Harrison Ford, die akteur wat die afgelope jaar die meeste verdien het, $65 miljoen (sowat R510 miljoen) ryker geword het.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
90 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |