Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 12º / 20º | Worcester 9º / 23º | George 11º / 18º | Port Elizabeth 14º / 19º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Buiteland
Mexikaanse griep kom dalk uit ’n laboratorium
02/07/2009 08:08:29 PM - (SA)

Brussel. - Die Mexikaanse griep wat talle lande tans teister, kom heel moontlik uit ’n laboratorium.

Volgens verskeie Amerikaanse en Europese media meen wetenskaplikes dat die jongste Mexikaanse griepvirus, amptelik bekend as A(H1N1), van die vroeë jare vyftig dateer en in ’n laboratorium bewaar is. Op die een of ander manier het dit – waarskynlik in 1977 – uit die laboratorium ontsnap, dalk deur die onsorgvuldigheid van ’n assistent.

Die wetenskaplikes wat die saak oopgevlek het, drr. Shanta Zimmer en Donald Burke van die Pittsburgh-universiteit, skryf in die jongste uitgawe van die New England Journal of Medicine die A(H1N1)-virus was in die eerste helfte van die 20ste eeu taamlik algemeen. Die Spaanse griep van 1919 was van dié familie. Dit is vir die eerste keer by ’n vark-landbouskou in Amerika opgemerk.

In die jare 1947-’57 het ’n A(H1N1)-va­riant opnuut vir ’n wêreldwye pandemie gesorg, maar toe was die wetenskap ver genoeg gevorder om die lewensverlies te beperk. Die virus het trouens ’n verdere 20 jaar lank uitgeroei gelyk.

Enkele A(H1N1)-virusse is wel bevrore in laboratoriums bewaar – tot in 1977, toe die virus toegeslaan het in Hongkong, China en Rusland. Sommige wetenskaplikes reken die virus het moontlik uit ’n Russiese of Chinese laboratorium ontsnap. “Ondersoek van die genetiese oorsprong van daardie virus wys dit was nou verwant aan die stam van 1950, maar verskil van stamme uit 1947 en 1957. Dit dui aan dat die uitbreking van 1977 te wyte is aan ’n virus wat sedert 1950 bewaar is.”

Ouer mense wat voor 1957 aan ’n va­riant van die virus blootgestel is, is meer weerstandig as jonges.

Dit is nie bekend uit watter laborato­rium die virus kom nie. ’n Deel van die gene van van die huidige Mexikaanse griepvirus stam regstreeks af van die griep van 1919, volgens Zimmer en Burke. Intussen het dit “minstens vier keer” met ander griepvirusse saamgesmelt.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
91 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |