REUTERS
30/06/2009 10:07:00 PM - (SA)
Harare. – Zimbabwe het krediet van $950 miljoen (R7,3 miljard) van China bekom om sy ekonomie weer op dreef te kry, het die premier, mnr. Morgan Tsvangirai, gister gesê.
Dit is die grootste aanbod van ’n enkele land sedert die eenheidsregering gevorm is.
Zimbabwe het vroeër ’n beroep gedoen vir ’n geldelike stimuluspakket van $10 miljard (R77 miljard) vir sy vervalle infrastruktuur en om sy werkloosheidsyfer van 90% te verlig.
Tsvangirai het op ’n nuuskonferensie gesê sy drie weke lange toer aan Amerika en Europa het finansiële waarborge van meer as $500 miljoen (R3,9 miljard) opgelewer.