|
|||||||||||
|
| VIND: |
Buiteland
VN-hoë in SA vir samesprekings met president
23/02/2009 10:10:08 PM - (SA)
Mnr. Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, kom later vandag in die land aan vir politieke samesprekings met pres. Kgalema Motlanthe.
Ban se besoek vind plaas teen die agtergrond van Suid-Afrika se oortuiging dat ’n multilaterale stelsel die enigste oplossing bly vir die uitdagings waardeur die samelewing vandag in die gesig gestaar word, het mnr. Ronnie Mamoepa, woordvoerder van die departement van buitelandse sake, in ’n verklaring gesê.
Dit sal Ban se eerste besoek aan Suid-Afrika en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-streek (SAOG) wees sedert hy in sy pos by die VN aangestel is.
Hy sal na verwagting deur dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van buitelandse sake, verwelkom word.
Gedurende sy besoek aan die Uniegebou in Pretoria sal Ban en Motlanthe samesprekings voer oor onder meer:
) ontwikkeling in Afrika, insluitend Zimbabwe, die Soedan, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Somalië en Madagaskar;
) die situasie in die Midde-Ooste;
) die Hersieningskongres oor rassisme, xenofobie en verwante onverdraagsaamheid wat in 2001 in Durban gehou is;
) die wêreldwye finansiële krisis;
) klimaatsverandering; en
) die hervorming van die VN.
Gedurende Ban se besoek aan Suid-Afrika sal hy ook hoflikheidsbesoeke aan oudpress. Nelson Mandela en Thabo Mbeki bring.
Hy sal na verwagting tot Donderdag in die land wees.
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |