Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 17º / 24º | Worcester 15º / 28º | George 16º / 25º | Port Elizabeth 19º / 24º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
’n Hamas-polisieman voor ’n brandende gebou ná ’n Israeliese lugaanval in die Gasastrook gister. Israel het Sondag vir die tweede agtereenvolgende dag lugaanvalle op Gasa gedoen. Dit het Hamas onder druk geplaas nadat meer as 200 mense gesterf het in een van die bloedigste 24-uur-tydperke wat Palestyne in die afgelope 60 jaar van konflik met die Joodse staat beleef het. Foto: REUTERS
’n Hamas-polisieman voor ’n brandende gebou ná ’n Israeliese lugaanval in die Gasastrook gister. Israel het Sondag vir die tweede agtereenvolgende dag lugaanvalle op Gasa gedoen. Dit het Hamas onder druk geplaas nadat meer as 200 mense gesterf het in een van die bloedigste 24-uur-tydperke wat Palestyne in die afgelope 60 jaar van konflik met die Joodse staat beleef het.    Foto: REUTERS
Buiteland
‘God van heelal huil’ oor geweld in Gasastrook
28/12/2008 09:34:26 PM - (SA)

Die tradisionele militêre taktiek van ’n verrassingsaanval was eergister die rede waarom die meeste Palestyne op een dag in meer as 20 jaar in ’n Israeliese lugaanval gesterf het.

Intelligensieverslae, wat selfs deur Egipte onderskryf is, het daarop gedui dat Israel sy teenaanvalle vir eers afgelas het in reaksie op verskeie missielaanvalle deur Palestina. Dít het daartoe gelei dat verskeie hooggeplaastes van Hamas, die Palestynse bevrydingsbeweging, uit hul ondergrondse bunkers gekom het om ’n militêre parade in Gasa­stad by te woon.

Dié paradegrond was een van die heel eerste teikens van die Israeliese F-16-vegvliegtuie. Die grootste aantal ongevalle was ook dáár, terwyl etlike ander militêre installasies van Hamas met die grond gelyk gemaak is, het Debkafile, ’n Israeliese intelligensie-webblad van oud-Mossad-lede, gister berig.

Teen gistermiddag het die Palestynse dodetal op nagenoeg 280 gestaan, terwyl meer as 600 beseer is. Een Israeli is dood en nog sewe beseer in ’n teenaanval van Hamas-missiele.

Hamas het vroeg gisteroggend sy Grad Katusha-missielbasis geaktiveer. Die eerste missiele het teikens meer as 40 km vanaf Gasa­stad in Israel getref. Voor tienuur gisteroggend is 111 van dié en ander vuurpyle op Israel afgevuur.

Dít het die Israeliese verdedigingsminister, mnr. Ehud Barad, genoop om te dreig dat Israel tot ’n grondaanval sal oorgaan om dié installasies te verwoes.

Luidens Debkafile was die oorgrote meerderheid ongevalle lede van Hamas, maar beeldmateriaal het ook kinderlykies en gewonde kinders, wat pas uit die skool gekom het, gewys.

Gasastad se tonnelstelsel, wat dien as wapenopslagplekke en store vir Hamas se projektiele, strek oor meer as 80 km. Dit word lank reeds ook gebruik vir die inskeping van voorrade soos kos en medisyne nadat Israel die afgelope 18 maande ’n ferm hand gehou het op voorrade na die Palestyne.

’n Skietstilstand tussen Israel en Hamas die afgelope ses maande het verlede week tot ’n einde gekom, waarna laasgenoemde bykans onmiddellik sy aanvalle op Israel hervat het.

Wêreldleiers en -organisasies het gister wyd die konflik tussen die twee partye veroordeel en hulle tot vreedsame bemiddeling gemaak.

Pres. Kgalema Motlanthe het sy stem by dié van mnr. Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, gevoeg en Israel én Hamas gewaarsku dat geweld geen oplossing is nie.

Motlanthe het ’n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om alles in die stryd te werp om ’n tweestaat-oplossing te help vind waardeur Palestina én Is­rael vreedsaam kan voortbestaan. Ban het gesê hy verstaan Israel se frustrasie met Hamas se volgehoue aanvalle, maar het Israel vermaan om gehoor te gee aan internasionale riglyne oor minimum geweld.

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het die situasie opgesom: “Die God van Israel én van Palestina – die God van die heelal – huil, want Hy is ’n God van geregtigheid en liefde.”

Israel het teen gistermiddag altesame 230 teikens in Gasastad getref, terwyl Egipte se regering die konflik deur bemiddeling probeer beëindig het.

Die Arabiese Bond se buitelandse ministers vergader vandeesweek in Egipte, waar die Midde-Oosterse krisis bo-aan die agenda is, berig Sapa-AFP.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
90 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |