Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 26º | Worcester 18º / 38º | George 20º / 38º | Port Elizabeth 22º / 32º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Buiteland
Wantroue oor klimaat
15/12/2008 08:37:59 PM - (SA)

Kaapstad. - Daar is al minder vertroue tussen ontwikkelde en ontwikkelende lande aan die vooraand van ’n jaar van intense klimaatsonderhandelings.

Só het mnr. Marthinus van Schalkwyk, minister van omgewingsake en toerisme, in ’n verklaring hieroor gesê.

Dít kom na afloop van die 14de saamtrek van die lidlande van die VN-klimaatskonvensie in Poznan, Pole. Lande het beraadslaag oor ’n nuwe klimaatsooreenkoms wat ná 2012 moet geld (wanneer die Kioto-protokol se eerste fase ten einde loop).

Die gesprekke bou voort op VN-onderhandelings einde verlede jaar in Bali, Indonesië. Onderhandelaars het nou ooreengekom tot ’n werkprogram vir 2009.

Van Schalkwyk het sy teleurstelling uitgespreek oor ryk lande se “gebrek aan leierskap” in onderhandelings. Verskeie van die ontwikkelde lande (waaronder Kanada, Japan en Australië) het nog nie met syfers vorendag gekom oor watter soort kweekhuisgasinkortings hulle op mediumtermyn sou kon aanvaar nie.

Ontwikkelende lande het volgens hom kennis geneem dat die G77+ China se voorstelle oor die oordrag van tegnologie en finansiering vir ’n nuwe klimaatsbestel tot dusver op dooie ore val wat ontwikkelde lande betref. Ontwikkelende lande is ook ontgogel omdat ontwikkelde lande die kwessie van aanpassings vir klimaatsverandering afgeskeep het tydens die Poznan-gesprekke.

Hulp met aanpassings om die effek van klimaatsverandering te temper en waar die geld hiervoor vandaan moet kom, is ’n sleutelkwessie vir ontwikkelende lande.

Hoewel die sogenaamde aanpassingsfonds nou operasioneel is, kon lidlande nie tot ’n vergelyk kom oor die daarstel van nog meganismes binne die Kioto-protokol om die fonds aan te vul nie. Die aanpassingsfonds word tans gefinansier met ’n heffing van die Kioto-protokol se “skoon-ontwikkelingsfonds” (CDM). Daar is tans net $80 miljoen in die fonds.

Volgens die VN-klimaatsekretariaat het lande die beraad afgesluit met ’n duidelike verbintenis tot onderhandelings in die komende jaar, wat in Desember 2009 in Kopenhagen, Denemarke, voltrek moet word. Mnr. Yvo de Boer, uitvoerende sekretaris van die UNFCCC, sê lande het in Poznan ’n “sterk politieke sein” gestuur oor die rigting wat onderhandelings nou moet inslaan.

De Boer het aan Reuters erken daar is by sommige lande ’n mate van verbitterdheid oor vordering in Poznan.

“Die helfte van die werk (vir Kopenhagen) is nie afgehandel nie.”

Nie-regeringsgroepe meen die Poznan-gesprekke was grootliks teleurstellend.

Me. Kim Carstensen van die WWF International sê in ’n verklaring die gebrek aan vordering het nie te make met UNFCCC-prosesse nie, maar met ’n gebrek aan politieke wil van ontwikkelde lande.

Lande het ooreengekom dat ’n eerste weergawe van die onderhandelingsteks in Junie op die tafel sal wees.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
121 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |