Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 17º / 24º | Worcester 15º / 28º | George 16º / 25º | Port Elizabeth 19º / 24º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Sen. Barack Obama (links) en sen. Joe Biden. Foto: M. Spencer Green, AP
Sen. Barack Obama (links) en sen. Joe Biden.    Foto: M. Spencer Green, AP
Buiteland
VSA-politiek: Volgende skuif – Hillary
24/08/2008 09:03:40 PM - (SA)

Alle oë is vandeesweek met die Demokratiese Party se nasionale konvensie op sen. Barack Obama, maar Amerika hou asem op om te sien of die Clintons die mantel van die party se supersterre sonder drama gaan oorgee.

Obama se toespraak om die party se benoeming vir die presidentskap te ontvang, geskied Donderdag voor 76 000 toeskouers in die Denver-voetbalstadion, maar die fokus is eers op wat vooraf in die Pepsi-sentrum gaan gebeur.

Sen. Hillary Clinton, die hoofspreker môre, se toespraak word wyd afgewag. Die vraag is of sy haar steun – en dus ook die steun van haar 21 miljoen kiesers – vierkant aan Obama gaan toesê, en of sy die twyfel oor Obama wat sy by die volk geplant het, verder gaan voed.

Daar word wyd bespiegel dat Clinton en haar man, oudpres. Bill Clinton, die Obama-partytjie wil kaap. As sen. John McCain, die Republikeinse kandidaat, Obama vanjaar klop, is haar kans om in 2012 president te word soveel makliker.

Bill Clinton, wat net soveel twyfel oor Obama geskep het, se toespraak volg Woensdag.

Ironies genoeg wil Obama die week gebruik om homself aan Amerika voor te stel as ’n vurige patriot, soos Bill Clinton in 1990 gedoen het.

Slaag hy nie daarin om die beeld as popster wat McCain van hom geskep het, te vernietig nie, is sy paadjie na die Withuis bitter moeilik.

Sen. Clinton sal ingevolge ’n ooreenkoms tussen die twee kampe amptelik as ’n Demokratiese presidentskandidaat naas Obama voorgestel word, waarna sy simbolies haar afgevaardigdes se steun aan hom sal verklaar.

Die amptelike verwagting is dat Hillary Clinton nie haar politieke keel sal afsny deur reguit teen Obama te velde te trek nie. Die partybestuur sal soos een man teen haar opstaan en boonop skuld sy nog $23 miljoen – wat die kiesers moet help betaal.

Die oë is eerder op die gedrag van haar afgevaardigdes en ondersteuners. Van hulle het reguit gesê hulle gaan vir haar stem. Die Clintons het ’n “sweep-span” saamgestel om van haar eie oproerige aanhangers vas te vat.

Obama se visepresi­dents­kandidaat, sen. Joe Biden, sal die konvensie Woensdag afsluit.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
90 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |