Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 19º / 28º | Worcester 16º / 34º | George 16º / 29º | Port Elizabeth 19º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Buiteland
Obama se $30 000-ring het dalk ’n stukkie SA sprankel ook in
03/12/2008 12:43:58 AM - (SA)

Washington. – Mnr. Barack Obama, aangewese Amerikaanse president, het glo ’n ring van $30 000 (sowat R309 000) vir sy vrou, Michelle, bestel wat dalk ’n Suid-Afrikaanse sprankel het.

Die Harmony-ring van die Italiaanse juwelier Giovanni Bosco wat Obama glo in die oog het, is van rodium. Suid-Afrika produseer tussen 60% en 80% van die wêreld se voorraad van dié metaal.

Britse koerante berig die juwelier het die opdrag gekry om die ring betyds vir Obama se beëdiging op 20 Januarie klaar te hê, hoewel die Obama-kamp dit nie bevestig het nie.

Rodium is die duurste metaal en verhandel hier teen sowat R78 000 per ons.

Amerikaners is taamlik ontsteld oor die nuus oor die ring en reken as dit waar is, stel hy nie juis ’n goeie voorbeeld aan die volk om die gordel te midde van die ekonomiese krisis in te trek nie.

Obama, wat danksy sy topverkoperboeke self meer as $4 miljoen (meer as R40 miljoen) sterk is, is intussen vinnig op pad om die eerste politikus te word wat ’n miljard dollar (meer as R10 miljard) kon insamel.

Luidens ’n ouditverslag het hy in die laaste maand van sy veldtog vir die Withuis meer as $100 miljoen (R1 miljard) ingesamel, wat beteken hy het altesaam $750 miljoen (R7,725 miljard) daarvoor ingesamel. Dit is meer as pres. George W. Bush en sen. John Kerry tesame in 2004 en amper soveel soos wat al die presidentskandidate in daardie jaar ingesamel het.

Sy oorgangspan is egter steeds besig om geld vir sy beëdiging in te samel en daar word gereken hy staan die kans om die $1 miljard-kerf te bereik – iets wat geeneen van sy voorgangers nog kon regkry nie.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |