Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 22º | Worcester 10º / 26º | George 9º / 21º | Port Elizabeth 13º / 20º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Buiteland
Twee dinge van SA pla Amerikaanse ambassadeur
17/11/2008 07:45:59 PM - (SA)

Oudpres. Thabo Mbeki se uitroepteken-belaaide brief vroeër vanjaar aan pres. George W. Bush dat Amerika sy neus uit Afrika se sake moet hou, het nie permanen­te skade aan betrekkinge gedoen nie.

Mnr. Eric Bost, Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, sê Amerika beskou Suid-Afrika as ’n “baie belangrike strategiese vennoot”.

Mbeki se laatnagbrief is nie meer ter sprake nie.

“Ons glo dat ons hier en wêreldwyd wedersydse belange het. Ek kan die versekering gee dat alle pogings aangewend sal word om daardie betrekkinge te versterk,” het Bost aan die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Aangeleenthede gesê.

Hy noem veral Suid-Afrika ­se rol in die Suider-Afrikaanse ­Ont-wikkelingsgemeenskap, die Verenigde Nasies, die Afrika-unie, asook as handelsvennoot en oor kwessies soos demokrasie en mediavryheid as redes hoekom Amerika goeie betrekkinge as van strategiese belang beskou.

En as hy die “politieke teeblare” reg lees, is mnr. Jacob Zuma ons volgende president. “Ek het die geleentheid gehad om mnr. Zuma na die Verenigde State te nooi. Hy kan baie trots wees op die manier waarop hy daar opgetree het,” het hy gesê.

Bost het aan Die Burger gesê dit is bog dat dr. Condoleezza Rice, Amerikaanse minister van buitelandse sake, nie saam met Zuma afgeneem is nie.

Hy het twee sake genoem wat hom in Suid-Afrika pla. Die een is dat Suid-Afrikaners volgens hom net “praat en praat en praat” en dink dit is die oplossing vir ’n saak. “Zimbabwe is ’n uitstekende voorbeeld hiervan.”

Die ander is misdaad. Hy het langer as twee jaar gelede ’n aanbod om finansiële en tegniese hulp vir die stryd teen misdaad aan mnr. Charles Nqakula, destyds minister van veiligheid en sekuriteit gemaak, maar wag steeds op ’n antwoord.

Zuma se ontmoeting met die FBI op sy Amerikaanse besoek gee Bost egter nuwe moed vir die stryd teen misdaad in Suid-Afrika.

Bost het op ’n vraag van me. Sheila Camerer, DA-LP, oor wat die deurslag vir sen. Barack Oba­ma in verlede week se presidentsverkiesing gegee het, gesê: “Drie dinge – tydsberekening, geluk en die vermoë om geld in te samel. As daardie drie faktore saamval, is die eerste plek jou beskore.”

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
88 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |