Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 12º / 20º | Worcester 9º / 23º | George 11º / 18º | Port Elizabeth 14º / 19º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Buiteland
WERELD: Buitelandse bedreigings kwel Barack
14/11/2008 01:18:23 AM - (SA)

“Liewe hemel, hoekom wil ek hierdie werk doen?” het sen. Barack Obama volgens The ­Guardian gesug ná ’n CIA-voorligtingsessie oor die soms vreesaanjaende lys van buite­land­se bedreigings waarmee hy as nuwe Amerikaanse president te make sal kry.
’n Senior Westerse diplomaat het gister saamgestem: “Ek wil daardie werk nie vir al die geld in die wêreld hê nie.”
Dit is die ergste ekonomiese krisis sedert die Groot Depressie, met nog geen teken dat dit die onderste draaipunt bereik het nie. Daar is chaos met die hulppakket. Die Amerikaanse minister van finansies sê elke dag iets anders. Werkloosheid neem toe. Die slegte nuus word al slegter. Daar is rekord-begrotingstekorte. Amerika bestee maandeliks $10 miljard in Irak.
“Dit is geld wat die land nie het nie. Dit is papiergeld,” het hy aan Die Burger verduidelik.
En aardverhitting is ’n werklikheid wat opofferings van Amerikaners gaan vereis. “Hul lewenstyl is onvolhoubaar, en nie een president was nog bereid om dit te sê nie, want dis te pynlik.”
Die ideaal is om binne 16 maande aan Irak te onttrek en heelwat van daardie meer as 120 000 soldate oor te plaas na Afganistan, waar die Taliban uitbrei.
Dit is nog ’n ope vraag hoe ­realisties hierdie Irakse onttrekkingsrooster is. Die Irakse regering word betrek by die besluitneming oor die tempo van onttrekking, wat onder meer bepaal word deur hoe gereed die Irakse veiligheidsmagte is om onafhanklik in ’n gebied voort te gaan.
Pakistan is ’n “onoplosbare” vraagstuk met ’n onverpoosde stroom selfmoordaanvalle deur ekstremiste.
In Israel-Palestina word steeds gestreef na ’n politieke skikking ten einde twee onafhanklike state naas mekaar tot stand te bring.
Obama het reeds gesê hy sal met Iran gesprek voer oor sy kernprogram. Hy het ook gesê Iran kan nie toegelaat word om ’n kernwapenarsenaal op te bou nie. Die toekomstige Oba­ma-administrasie wil met Sirië ook praat. Die Siriese minister van buitelandse sake, mnr. Walid Moealem, het onlangs gesê hy sal eerder nouer betrekkin­ge met Amerika wil sluit as met Iran.
Vergeleke hiermee lyk die Noord-Koreaanse kernvraagstuk tans na ’n kleiner uitdaging. Onderhandelinge hieroor met die Noord-Koreaanse ower­heid in Pjongjang het reeds ver gevorder.

VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
90 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |