Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 14º / 22º | Worcester 10º / 26º | George 10º / 20º | Port Elizabeth 13º / 20º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Me. Madeleine Albright vroeër by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal.Foto: 
THYS DULLAART
Me. Madeleine Albright vroeër by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal.   Foto: THYS DULLAART
Buiteland
Obama stuur Albright na G20
13/11/2008 09:00:57 PM - (SA)

Washington. - Sen. Barack Obama, Amerika se aangewese president, het ’n Demokraat en ’n Republikein aangewys om hom die naweek op die G20-wêreldberaad hier te verteenwoordig.

Me. Madeleine Albright, minister van buitelandse sake onder oudpres. Bill Clinton, en mnr. Jim Leach, ’n Republikeinse kongreslid, sal namens hom met wêreldleiers, insluitend van Suid-Afrika, gesprek­ke voer.

Pres. Kgalema Motlanthe en mnr. Trevor Manuel, minister van finansies, sal Suid-Afrika se afvaardiging na die beraad in Washington lei.

Obama het met hierdie stap gewys hy is ernstig daaroor om na die Republikeinse Party uit te reik. Hy oorweeg ook twee senior partylede, sen. Chuck Hagel en Richard Lugar, in sy kabinet.

Obama gaan nie self pres. ­George W. Bush se beraad oor die finansiële krisis bywoon nie omdat hy nie die huidige president se kollig wil steel nie.

Ontleders reken ook hy probeer veilig speel deur nie ’n standpunt in te neem oor kwessies wat hy nie by magte is om op te los nie. Hy wil ook beslis nie Bush se probleme op sy skouers laai nie.

Omdat baie van die wêreldleiers Obama graag wil ontmoet, het hy Albright en Leach aangewys om informele gesprekke te voer en insette van hulle te kry.

“Daar is een president op ’n slag in die Verenigde State, daarom het die aangewese president minister Albright en kongreslid Leach, ’n ervare en veelpartyspan, gevra om ons vriende en vennote om sy onthalwe te ontmoet en na hulle te luister,” het mnr. Denis McDonough, Obama se beleids­advi­seur, aan Reuters gesê.

Leach is ’n gematigde Republikein van Iowa wat Obama in die presidentswedloop gesteun het en op die Demokratiese nasionale konvensie in Denver gepraat het. Hy was ook voorsitter van die huis van verteenwoordigers se komitee vir ban­ke en finansiële dienste.

Die beraad is die eerste in ’n reeks wat Bush en pres. Nicolas Sarkozy van Frankryk aangevoor het om die hervorming van die wêreld se finansiële stelsel te bespreek om sodoen­de ’n krisis te verhoed soos die huidige een wat dreig om ’n wê­reld­wye resessie te veroorsaak.

Die G20 bestaan uit Argentinië, Australië, Brasilië, Brittanje, China, Duitsland, Frank­ryk, Indië, Indonesië, Italië, Japan, Kanada, Mexiko, Rusland, Saoedi-Arabië, Spanje, Suid-Afrika, Suid-Korea, Turkye en die VSA.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
88 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |