Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 19º / 24º | Worcester 18º / 30º | George 19º / 25º | Port Elizabeth 22º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Foto:
   Foto:
Buiteland
WERELD: Amerika slaan ’n bres vir diversiteit in verkiesing
06/11/2008 12:20:53 PM - (SA)

Amerikaanse kiesers maak vandag teen wil en dank geskiedenis, en slaan in die proses ’n bres vir diversiteit.

As sen. Barack Obama van die Demokratiese Party die meeste stemme op hom verenig, kry Amerika sy eerste swart president.

As sen. John McCain van die Republikeinse Party meer kruisies agter sy naam op die stembrief kry, kry Amerika die eerste keer ’n vrou as visepresident, by name goew. Sarah Palin.

Luidens RealClearPolitics se berekening van die kandidate se steun as al die peilings in ag geneem word, het Obama gister 50,7% steun geniet teenoor McCain se 44,3%. Dit gee aan Obama ’n voorsprong van 6,4%, met 5% kiesers wat nog besig is om te besluit.

Daar is peilings waarin Obama ’n voorsprong van tot 16% bo McCain het, en in ander is daar net ’n naelskraapse verskil.

Albei is goeie kandidate. Obama se benadering en bestuur van sy veldtog was eenvoudig uitmuntend. As hy nie wen nie, kan hy voorwaar steeds sê hy het alles in die stryd gewerp, met omvattende gebruik van 21ste eeuse tegnologie, soos die internet en selfone.

Obama het boonop ’n baie goeie keuse as sy ­visepresidentskandidaat, die ervare sen. Joe Biden, gemaak. Biden het wye ervaring in die hantering van kwessies rondom buitelandse sake, wat heelwat kiesers wat oor Obama se gebrekkige ondervinding in hierdie verband twyfel, gerus sou stel.

McCain sal ongetwyfeld ’n goeie president wees, maar hy voer die afgelope weke ’n opdraande stryd teen Obama se geoliede verkiesingsmasjinerie.

McCain se aanwysing van Palin as sy visepresidentskandidaat was ’n berekende waagstuk wat uiteindelik nie ’n rasende sukses was nie. Die idee om ’n vrou as sy wedloopmaat aan te wys, was slim. Maar die ideaal sou wees dat hy een kon kry wat met iemand soos die gedugte sen. Hillary Clinton kon saamgesels.

Nie dat daar nie uitstekende vroueleiers in die Republikeinse Party is nie. Dink maar aan dr. Condoleezza Rice, minister van buitelandse sake, om maar net een te noem.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
90 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |