|
|||||||||||
|
| VIND: |
Nuus
US swaar getref deur negende student wat vanjaar sterf
04/08/2009 11:00:12 PM - (SA)
Stellenbosch. – Die Universiteit Stellenbosch se annus horribilis duur voort met die negende student aan dié universiteit wat vanjaar dood is.
Me. Dinayah Kortje (19) het voorverlede Sondag in ’n hospitaal in George gesterf. Sy het BEd (algemene onderwys) studeer en was tot onlangs ’n inwoner van die Harmonie-vrouekoshuis. Die oorsaak van haar dood kon nie vasgestel word nie.
Volgens mnr. Llewellyn MacMaster, die studentedekaan, het die nuus van nóg ’n student wat oorlede is die US swaar getref.
“As toekomstige opvoeder van jong mense kon me. Kortje ’n waardevolle bydrae tot die Suid-Afrikaanse samelewing gemaak het,” het MacMaster gesê. Harmonie het verlede week vir Kortje ’n gedenkdiens gehou en sy is Saterdagoggend uit die Congregational Kerk in George begrawe.
Sy het twee dae voor mnr. Ruan Müller, wat verlede Dinsdag dood is, gesterf. Dit het Maandag aan die lig gekom dat hy die eerste sterfgeval weens Mexikaanse griep in Suid-Afrika is.
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |