Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 26º | Worcester 19º / 38º | George 20º / 38º | Port Elizabeth 23º / 33º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Een van die vervalste paspoorte wat deur die vermeende misdadigers in die kredietkaart-bedrogskema gebruik is. Foto: EUGENE GUNNING
Een van die vervalste paspoorte wat deur die vermeende misdadigers in die kredietkaart-bedrogskema gebruik is.    Foto: EUGENE GUNNINGSommer ’n hele klomp vervalste kredietkaarte is in die beweerde kredietkaart-bedrogskema in die Tuinroete gebruik. Hier is van die kredietkaarte.    Foto EUGENE GUNNING
Nuus
Polisie slaan toe op handelsmisdaad en trek verskeie vas
04/08/2009 11:07:04 PM - (SA)

George. - Vermeende misdadigers in die Suid-Kaap het hul rieme styfgeloop in twee afsonderlike voorvalle wat met handelsmisdaad verband hou.

Die polisie het Sondag tydens ’n roetine-padblokkade in Beaufort-Wes ’n groot deurbraak gemaak toe hulle beslag gelê het op sigarette van R3,6 miljoen wat vermoedelik vir die sluikhandel bestem was. Vyf verdagtes is aangekeer en hulle verskyn vandag in die hof.

Kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het gister gesê die verdagtes was vermoedelik van Botswana na Kaapstad onderweg toe hulle aangekeer is. Beslag is gelê op 81 kartondose vol sigarette en kontant van R70 000.

Die polisie hier het ook besonderhede bekend gemaak van ’n vermeende kredietkaartbedrogsindikaat in die Suid-Kaap.

Was dit nie vir die oplettendheid van lede van die publiek nie, was die vermeende misdadigers waarskynlik nou nog op vrye voet.

Speurinsp. Trevor Engel het gesê die polisie het op 16 Julie inligting van mense in Mosselbaai ontvang dat vyf verdagtes by ’n vakansieoord daar tuisgaan.

Die mense het onraad vermoed toe hulle van motors verwissel het. Die polisie het ondersoek ingestel en die groep dopgehou.

Daar is vasgestel dat hulle met vervalste paspoorte die motors by motorverhuringsmaatskappye gehuur het.

Hulle het ook met verskillende kredietkaarte goedere by winkels in die Langeberg Mall gekoop.

Twee van die verdagtes het die vakansieoord op 18 Julie verlaat. Die polisie het hulle na Knysna agtervolg. By die Knysna Mall het hulle vervalste kredietkaarte gebruik en onderskeidelik R30 000 en R15 000 kontant onttrek.

Van Knysna is hulle na die George-­lughawe, waar hulle vliegtuigkaartjies na Johannesburg probeer koop het.

Die polisie het hulle daar aangekeer en na Mosselbaai geneem, waar minstens tien vermoedelik vervalste kredietkaarte in ’n tas gevind is. Al die kredietkaartnommers behoort aan buitelanders.

Engel het gesê hy vermoed dat die verdagtes kontakte in die immigrasie-afdeling van die departement van binnelandse sake het.

Die ondersoek duur voort en in dié stadium is die polisie nie bereid om ’n bedrag te koppel aan die beweerde bedrog nie. Daar is wel vasgestel dat een van die kredietkaarte ’n limiet van $250 000 (sowat R1,96 miljoen) het.

Die verdagtes sal op 17 Augustus in die hof in Mosselbaai verskyn.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
121 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |