Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 26º | Worcester 19º / 38º | George 20º / 38º | Port Elizabeth 23º / 33º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Zille en ANC eis antwoorde oor Kaapstad se ‘vervoerskandaal’
04/08/2009 11:01:21 PM - (SA)

Kaapstad. - Die “skandalige” berekeningsfout van R2 miljard met die geïntegreerde snelvervoerdiens vir die stad is klaarblyklik vir ’n bepaalde tyd tjoepstil gehou deur amptenare van die munisipaliteit.

Nou wil die voormalige burgemeester van Kaapstad en premier van die Wes-Kaap, me. Helen Zille, weet: “Wie het wat geweet en wanneer? En wanneer is die inligting oorgedra?”

Zille het gesê deskundiges en projekbestuurders is aangestel en sy het byna weekliks vergaderings oor die snelvervoerdiens bygewoon. Sy was gisteroggend erg geskok toe sy in Die Burger gelees het van die berekeningsfout en het dadelik ’n brief aan die burgemeester en stadsbestuurder van Kaapstad gestuur waarin sy haar vrae gestel het.

Die een vraag wat ook die onder-burgemeester van Kaapstad, mnr. Ian Neilson, meen as deel van terugvoering oor die projek beantwoord moet word, is hoekom die kwessie van die onderberekening nie vroeër bekend gemaak is nie.

Oor die kosteberekening van die infrastruktuur het Neilson gesê: “Al die goed was bekend. Die koste wat voor die raad gelê is, het nie alles gedek nie. Hoekom was daar ’n onderberekening?”

Hy het verder gesê elke ding is onderbereken.

Die stadsraad se portefeuljekomitee oor finansies het Maandag ’n vorderingsverslag oor die projek bespreek. In die verslag is genoem waar die koste vir Fase 1A van die projek eers op R1,45 miljard bereken is, staan die berekende koste nou op R3,5 miljard.

Neilson het inwoners van Kaapstad wat uitsien na die dag waarop die ontwrigtende bouwerk aan die paaie-netwerk afgehandel is, verseker dat daar wel genoeg geld is om die projekte wat reeds begin is, af te handel. “Ons het R2,3 miljard,” het hy gesê.

Mnr. Trevor Steyn, ondersteuningsbeampte van die burgemeesterskomiteelid vir vervoer, paaie en stormwater, het gesê met onlangse tenders is daar ’n meer volledige ontwerp-kosteberaming gedoen waarin vasgestel is die oorspronklike koste om al die toerusting en infrastruktuur te verskaf, is onderbereken.

Mnr. Pierre Uys, ANC-LW, het gesê die ANC vra ’n omvattende ondersoek na die “skandaal”.

Hy vra dat ’n ondersoek deur al drie vlakke van die regering gedoen word.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
121 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |