Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 26º | Worcester 19º / 38º | George 20º / 38º | Port Elizabeth 23º / 33º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Nóg vrae oor griepdood
04/08/2009 10:59:36 PM - (SA)

Kaapstad. - Daar is steeds heelwat meer vrae as antwoorde rondom die dood van ’n Matie wat die eerste sterfte weens Mexikaanse griep in Suid-Afrika is.

’n Internis wat Ruan Müller (22) behandel het en anoniem wil bly, het die bevestiging dat Müller Mexikaanse griep – oftewel die H1N1-virus of varkgriep – gehad het, as “toevallig” beskryf.

“Ek het die afgelope twee jaar ses mense behandel wat op presies dieselfde manier aan ’n bakteriële longinfeksie dood is. Mexikaanse griep was ’n toevallige bevinding en hoeveel dit tot die dood bygedra het, sal ons nooit weet nie.”

Me. Tertia Kruger, woordvoerder van Medi-Clinic, het gesê Müller het nie tipiese simptome van Mexikaanse griep getoon nie.

Die internis het daarop gefokus om ’n aggressiewe, atipiese soort bakteriële longontsteking te behandel en Müller is eers ná sy dood op 28 Julie vir varkgriep getoets.

Intussen het kenners gesê nog sterftes weens Mexikaanse griep is nie uitgesluit nie.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se amptelike syfers het meer as 1 000 mense wêreldwyd reeds weens die siekte gesterf.

Reuters berig die WGO het gister weer beklemtoon tot twee miljard mense kan teen die einde van die pandemie reeds Mexikaanse griep opgedoen het.

Volgens prof. Wolfgang Preiser, ’n viroloog en infeksiekenner van die Universiteit Stellenbosch se sentrum vir infeksiesiektes, gaan daar definitief nog sterftes wees.

Volgens Preiser is dit ongelukkig dat die eerste sterfte dié van ’n gesonde en fikse jong man was en dat dit nie soos verwag in die hoërisiko-groepe soos bejaardes en mense met swak immuunstelsels geval het nie.

“Ons moet onthou jong mense is sosiaal meer mobiel as bejaardes. Bejaardes vlieg nie sommer vir vakansies na die VSA nie. Ons moet dit in ag neem,” het Preiser gesê

“Daar was geen aanduidings dat sy immuunstelsel ingeperk was nie en niemand sou dié uitkoms vroeg tydens sy siekte kon voorsien het nie.”

Hy het in die lig van die eerste sterfte gesê mense wat aan chroniese hart- en longsiektes en diabetes ly en griepsimptome toon, moet so gou moontlik antivirale middels neem.

“ ’n Dokter moet eers die diag­nose bevestig en so gou moontlik met behandeling begin om vertragings uit te skakel. Laboratoriumtoetse neem te lank,” het hy gesê.

Ook prof. Robert Bragg, ’n mikrobiochemikus en infeksiekenner aan die Universiteit van die Vrystaat, meen die H1N1-virus was tot dusver “vriendelik teenoor ons”. “Maar die jongste sterfte beteken ons sal ons oog op die virus moet hou. Dit is wel nie ’n baie venynige virus nie, maar die si­tuasie kan nog verander. Daar kan nog sterftes wees.”

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid het gister weer beklemtoon daar is nie rede tot paniek nie. Volgens me. Faiza Steyn, woordvoerder van die departement, is slegs matige gevalle tot dusver in die provinsie aangemeld wat met normale griepmedisyne behandel kan word.

Dr. Lucille Blumberg, ’n epidemioloog van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, het gesê dit is steeds so dat die meeste mense met matige varkgriepsimptome nie vir die virus getoets hoef te word of antivirale medisyne hoef te kry nie.

Sy het gesê Mexikaanse en seisoenale griep veroorsaak soms komplikasies en sterftes by babas, bejaardes en mense met onderliggende siektes, maar Mexikaanse griep kan ook gesonde jong mense ernstig siek maak of laat sterf.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
121 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |