Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 12º / 20º | Worcester 9º / 23º | George 11º / 18º | Port Elizabeth 14º / 19º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Die Leeus se Simon Shaw kom die Springbok Fourie du Preez met die knie in die rug by.Foto: EPA
Die Leeus se Simon Shaw kom die Springbok Fourie du Preez met die knie in die rug by.Foto: EPA   
Nuus
Leeu geskors nadat hy Bok met knie bykom
05/07/2009 10:06:58 PM - (SA)

’n Demper is gister geplaas op die Britse en Ierse Leeus se oorwinningsvreugde toe een van hul uitblinkers geskors is.

Dit kom ná hul rekordsege van 28-9 in die laaste toets van die reeks teen die Springbokke.

Die Engelse slot Simon Shaw is vir twee weke geskors nadat hy die Springbok-skrumskakel Fourie du Preez in die 37ste minuut van die wedstryd met die knie bygekom het.

Hy het ’n geel kaart gekry, maar moes gister ook voor ’n tugkomitee van die Internasionale Rugbyraad verskyn.

Sy skorsing tree eers later in werking en verstryk om middernag op 22 Augustus. Die rede hiervoor is waarskynlik dat Shaw effektief skotvry daarvan sou afgekom het as dit onmiddellik in werking getree het. Geen rugby word nou in die Noordelike Halfrond gespeel nie.

Shaw se skuldigbevinding volg op verlede week se omstrede skorsing van die Bok-slot Bakkies Botha.

Die Bokke was só gegrief oor Botha se skorsing van twee weke dat hulle in Saterdag se derde toets wit armbande in solidariteit met hom gedra het.

Botha het na bewering gevaarlik by ’n losskrum ingestorm sonder om te bind – ’n oortreding van reël 10.4 (j).

Suid-Afrika se kaptein, John Smit, het Saterdagaand joernaliste wat meer oor die armbande wou weet na die SA Rugbyspelersvereniging (Sarpa) se webtuiste verwys. Hy ontken Suid-Afrika se fokus was elders as op die wedstryd.

“Die spelers wou ’n duidelike boodskap aan die Internasionale Rugbyraad (IRR) stuur dat reël 10.4 (j) hersien moet word,” sê Sarpa se uitvoerende hoof, Piet Heymans, luidens ’n verklaring.

Daar was ná die wedstryd sprake dat die IRR kon besluit om weens die armbandprotes teen Suid-Afrika op te tree, maar die SA Rugbyunie (Saru) is teen gistermiddag nog nie oor moontlike IRR-optrede ingelig nie.

Saru se uitvoerende hoof, mnr. Johan Prinsloo, het gesê spelers moet eerder die korrekte prosedure volg om griewe aan te spreek. “As daar ’n probleem is, is daar kanale om te volg. Jy wil mos ’n oplossing hê en nie nóg moontlike probleme skep nie.”

Die Londense koerant The ­Daily Telegraph berig op sy webwerf ’n IRR-woordvoerder het ­gesê die IRR ondersoek die saak.

Die Walliese stut Adam Jones se skouer is in die Botha-voorval ontwrig en hy sal ses maande op die krukkelys wees.

Maar intussen dink die Leeu-kamp ook Botha het niks verkeerd gedoen nie.

Kommentaar


Unfair treatment of Boks 7/6/2009 6:41:06 AM
I want to comment on the punishment handed out to the english lock Simon Shaw. I believe the deliberate incident of Shaw can be compared to the incident of Schalk Burger, 1 week before.However, his cowardly act can have more serious effects on Fourie Du Preez than Schalk's attempted eye gouging. South African rugby is the dog of the rugby world and always gets handed the worst of the worst. Somebody needs to address this unfair treatment and application of the ridiculous laws to the Boks compared to other rugby nations.

En vir al die journaliste wat sensuur soek deur vir Peter de Villiers swart te smeer. Skrik wakker en sien dat hy dit nie nodig het nie. Gee eerder die man ondersteuning of bekom julle ook soos die res van die wereld wat net die Bokke wil afbreek
-Bok fan


Fourie 7/6/2009 7:33:22 AM
As dit Bakkies of Schalk was, was hulle lewenslank uit rugby geskors!! As bakkies Saterdag op die veld was het ons die toets gewen! Fisies was ons nie in die game nie! Bakkies gee baie krag in die skrums en as jy dit oorheers wen jy games!! Bok fan PdV moet net leer om hom soos n beskaafde mens te gedra!! Hy dink dis n sirkus waarin hy speel en hy is die nar!!
-Bosman


Pieter de Villiers 7/6/2009 7:44:49 AM
Pieter de villiers moet as bokafrigter ontslaan word.Hy het die derde toets opgemors.Hulle is net soos die krieketspan,kan nie die knoop deurhaak nie.Ons sport mentaliteit is totaal misplaas.PIETER MAAK MY SIEK HY WEET NIKS VAN RUGBY NIE,HY MOET LOOP>DIE ANC KAN HOM N POS GEE
-calvin


Shaw 7/6/2009 7:50:15 AM
Deur te kla gaan ons niks vermag nie. Wat leer SA rugby uit die reeks oor skeidsregters en hoe gaan ons aanpas? Ons het die game verloor oor swak spel. Ons is in die vaste vasette van die game oorhers en stukkend gehardloop in die los. Te veel veranderinge van die een toets na die ander.
-Fanie


Onregverdig 7/6/2009 8:36:27 AM
Schalk se hand was per ongeluk op verkeerde tyd op verkeerde plek.
Shaw was doelbewus.
Snorre maak droog.
-Burks


7/6/2009 8:50:55 AM
Bok fan, die woord waarna jy soek is sensasie, nie sensuur nie. Maar nou dat ek daaraan dink, dit is dalk nie so 'n slegte idee om bietjie sensuur toe te pas op Pieter de Villiers se absurde uitlatings nie.
-RV2


7/6/2009 8:53:58 AM
Bok fan, nog iets, niemand "bekom" enige iets hier nie, dis juis die punt: almal verloor as SA nie die beste afrigter aanstel nie.
-RV2


pieter de villiers 7/6/2009 9:25:39 AM
WIL NET DANKIE SE DAT JY MY HELE SAT OPGEMORS HET ! WAARS JAKE ? SEKER DAARS NOG PLEK VIR PIETER BY DIE ANC . HY SAL MOOI DAAR IN PAS.
-boertjie


luister na rede 7/6/2009 9:33:43 AM
Ek stem saam met Bok fan. Moet tog nie altyd so moan nie julle klink asof julle die patch moet kry. Hoe OUD is julle?
-bok chick


Shaw / Fourie 7/6/2009 10:18:35 AM
Ons klink soos 'n klomp souties en Aussies wat oor alles kla. Ons was gelukkig om die reeks te wen die Leeus "en ek is nie 'n fan nie" het altyd gevaarlik gelyk op aanval, maar geluk was beslis in ons kant. Die bohooi oor Shaw/Fourie, hy is 'n lang lomperige speler en Fourie het voor hom op die bal geval, ek dink nie dit was aspris nie, maar ons soek tog so graag fout omdat ons spelers deesdae 'n gewoonte maak om so te oortree.
-Keyter


Pieter de Villiers 7/6/2009 11:14:05 AM
Rakende Pieter De Villiers: Ek dink sekere wit mense is net suur omdat die Springbokke nou 'n bruin afrigter het. Hulle glo mos dis net die domain van wit afrigters. Dis vir sommiges maar moeilik om te aanvaar dat anderskleuriges ook 'n rugby geskiedenis en kennis in die land het. Pieter het meer rugby kennis as al die SA Super 14 afrigters saam. Dis tyd om reguit te praat en vorentoe te gaan soos wat Pieter doen. Ons kan nie meer diplomaties salf aan gesonde vingers smeer nie.
-Passievolle Bok ondersteuner !!


Afrigter 7/6/2009 12:07:44 PM
Foeitog, arme "Passievolle Bok ondersteuner!!"..... dit moet verskriklik wees om altyd alles in ras te moet opdeel.(Wat's 'n "anderskleurige" in elk geval?... "anders" as wie?) Probeer tog jou brein oefen om ander redes as die maklikste, nl. ras, te identifiseer.
-SA


Afrigter 7/6/2009 12:36:56 PM
SA ek stem saam jou!!!Passievolle Bok ondersteuner as hy so slim is hoekom rig hy die bokke af?? Die ou hoort in die politiek man! Ek skaam my elke keer as hy sy mond oopmaak want dan ruk hy ons Suid-Afrikaners se naam!!! As iets nie volgens julle reg is nie is dit rassisties!! Aanvaar dit: Hy sit met die beste spelers in die geskienenis van SA rugby! As hy nie kan perform nie sub hom!!!!!!!
Ons kan 3 top spanne uit die ouens kies maar nee hy sal eerder Januarie, Rose ens kies!! Hy is n pop!!!




-Bosman


Feite asseblief Passievol 7/6/2009 12:54:37 PM
Ai tog "Passievol...". Nou vertel ons van Pieter (of Peter soos hy dit laaik) se afrigtingondervinding. Watter van die Super 14 spanne? Watter Curriebekerspan? Vir hoe lank? Die bietjie wat ek weet van hom is dat hy betreklik suksevol met Sewes was - jy weet mos - daardie game waar minder as die helfte van 'n rugbyspan in speel. Waar hardloop en spoed die norm is.
Noudat ek daaraan dink, iets wat die Sprinbokke Saterdag glad nie kon of wou doen nie.
Ek dink jy is besig om die Beast, Ndugane-tweeling, Habana en vele ander erg te beledig om te insinueer dat anderskleuriges eintlik nie welkom is in rugby nie.
As 'n afrigter swak is, is hy swak ... en daar is geen pil wat daarvoor help nie.
-soek-afrigter-joppie


Nooit tevrede 7/6/2009 1:23:11 PM
So is die mensdom maar, nooit tevrede nie. Kom ons sê PdV het die beste bokspan op die veld gestuur en hulle het verloor, wat sou die reaksie dan wees?...Die manne is moeg? Hy moes hul ruskans gee en die ander spelers ook 'n kans gegee het? Nou wat die ander spelers 'n kans gekry het, nou moes die beste span op die veld gaan. Net nooit tevrede nie, nê! Aan almal wat so kritiseer, volgende keer as hul die pos adverteer, doen aansoek want dit lyk my julle is experts!! En los tog die "kleur" hieruit. Boertjie jy't dit begin en as jy uitlatings maak moet jy jou pak vat en nie optree soos iemand met suur druiwe nie. As SA Rugby gevoel het PdV is die beste man vir die job, wie's die wat so kritiseer om te sê hy is nie? Hulle het hom goed genoeg geag, dalk is die wat so kla net bietjie kwaad omdat dit nie hul kon wees nie, LOL!!!!

-Ai toggie


Jake White 7/6/2009 1:25:27 PM
Dit wil voorkom dat De Villiers nog met Jake White se kallers (Bokke) geploeg het. Die leierskap en orde wat White in die Bokspan af gedwing het vervaag nou. De Villiers kan nie respek afdwing nie. Wie gaan dan na 'n afrigter luister wat sulke nonsens op TV praat. Waar is Meyer of White? Bring hulle terug. SA het hulle baie nodig!!!
-Kochie


PIETER DE VILLIERS 7/6/2009 1:27:24 PM
DAAR IS NET EEN GEVOEL OOR MR.DE VILLIER OP DIE OOMBLIK,EN HIERDIE GEVOEL IS DIESELVDE EEN WAT DIE HELE RUGBYWERELD N JAAR OF WAT TERUG GEHAD HET....

N VRIEND VAN MY BEL MY SATERDAG UIT KANADA NA DIE WEDSTRYD EN DIE EERSTE DING WAT JY SE ,"IS ONS RUGBY WEER TERUG ONDER HARRY OF CAREL"
ONS WEET ALMAL HEINEKE MEIER WAS DIE BESTE KEUSE VIR SIR JAKE WHITE SE OPVOLGER.
DIE MANIER HOE HY VOORKOM AS DAAR ONDERHOUDE GEVOER WORD LAAT MY EENVOUDIG NIE DINK AAN N SPRINGBOK AFRIGTER NIE,DIS MEER AS DIE VAN N JA-BROER.DIT HET NIKS UIT TE WAAI MET VELKLEUR NIE,DIT GAAN OOR DIE FEIT DAT HY IN DIE EERSTE PLEK NIE DIE MAN VIR DIE JOB WAS NIE.
SO JOHN SMIT VAT GAAN JY DOEN AS JY KLAAR GESPEEL HET?GAAN STAAN TOG LANGS PERCY SODAT ONS,DIE BETAALENDE RUGBYPUBLIEK NOG DIE VREUGDE HET OM TE WEET DAAR IS MENSE WAT PROBEER OM SPRINGBOK RUGBY VOORENTOE TE NEEM.

GROETE UIT LEEULAND
NEWRY,N.IERLAND
-DIE VERLORE SKOONSEUN


passievolle bokondersteuner 7/6/2009 2:31:25 PM
dis net soos jy dit daar sê, passievolle bokondersteuners. kom laat ons nou maar reguit wees en besef dat ons ras-geskiedenis maar altyd in enige debat/ redenasie sy kop sal uitsteek. die witmense verwag waaragtig vandag nog dat ons tweedeklas inwoners van hierdie land behoort te wees. dat hulle in alles kan goed presteer net omdat hul velkleur wit is en vergeet hulle dat dit hul stelsels was wat ons ook daardie geleenthede ontneem is. dan wil ek nie eens vra waarop hul sogenaamde christelike beginsels geskoei is nie. 'n verdere stelling: ek is 'n afrikaanssprekende bruin ou en sien myself as 'n afrikaner, nou hoe kan ek uitgesluit word wanneer hulle (die wittes)van afrikaners praat?
-selwyn van george


pdv 7/6/2009 5:55:44 PM
DIE FEIT BLY STAAN PIETER LAAT ONS AS NASIE BELAGLIK LYK ! MAAK NIE SAAK WAT SY KLEUR IS NIE HY BLY N SWAK AFRIGTER.
-boertjie


Bok rugby 7/6/2009 6:22:46 PM
Dit is absoluut verregaande wat ons deedae moet hoes vir kaartjies. En ek sal jou wat sê, as ek R1140 moet betaal vir 'n kaartjie, en die rugby kry wat Saterdag gespeel was, m.a.w. 'n B-span game wat i.e.g. 'n klap in die toerspan se gesig was, sal ek bitter wees.

Ons kon dit 'n whitewash maak, die eerste keer in geskiedenis, maar nee, almal moet mos Bokke word.

SA Rugby bestuur moet wakker word en die politiek los.
-Cornel


3e toets 7/6/2009 8:09:51 PM
Die hoofoorsaak van die bokke se swak vertoning is hoofsaaklik dat ons WEEREENS uit die wdstryd geblaas is deur die vrotste skeidsregter wat ooit toetsrugby geblaas het.Voor julle my beskuldig van suur druiwe, gaan kyk weer na die wedstryd.
Die Leeus se agterlyn was twaalf keer meer as twe meter onkant by losgemale, telkemale voor die bal met skoppe en elke skrum wat geval het was n strafskop vir die Leeus, en op die einde gee hy n VRYSKOP aan die bokke toe die skrum weereens val.
Hoekom was ons drie nie toegeken nie, dit was duidelik n drie.
Ons rugbybase moet dringend met die IRB hieroor praat, ons foute word heeltyd geblaas, maar die opposisie kom weg met moord.
as bakkies so met sy kniee in n man se rug geduik het, was hy lewenslank geskors...
Sa rugby moet ophou aanvaar om soos muishonde behandel te word, die bewyse is op video, gebruik dit ASSEBLIEF
Ek sal graag wil he so n wedstryd moet op TV ontleed word deur n paneel SPELERS, en hierdie swak skeidsregter vir altyd verwyder word.
Dickenson het vir die soveelste keer my Saterdag bederf, die drol...
-Kobus Griesel


 

  Kommentaar is gesluit
    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
91 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |