|
|||||||||||
|
| VIND: |
![]() Dié groep jong mense het ’n toer deur Kaapstad geniet nadat mnr. Rikus van der Merwe (links voor) ’n kompetisie op MXit gewen het. Agter is (van links) mnre. Jaco Griessel, Divan Griessel en Addo Louw. Voor is mnre. Paul Kilpert (middel) en Christo Kotzé (regs). Foto: mark wessels
Nuus
Advertensies op MXit bereik nou meer tieners
05/07/2009 10:02:37 PM - (SA)
MXit is vinnig besig om stof in sy mededingers se oë te skop as dit by advertensies en kompetisies kom.
By die Khuza-toekennings, Suid-Afrika se grootste navorsinggebaseerde jeugbemarkingstoe- kennings, het dit aan die lig gekom dat MXit-advertensies meer as advertensies in enige ander medium tot tieners spreek en hulle beïnvloed.
Altesaam 55,9% van die tieners wat gevra is, het gesê hulle slaan meer ag op MXit-advertensies as enige ander advertensies.
MXit se kompetisieskakel, waar ondernemings kan adverteer en kompetisies kan bekendstel, het al sowat 200 000 gebruikers.
Mnr. Mike Carter, ’n bestuurder by MXit, het gesê die mark om op selfone te adverteer groei tans baie vinnig – wêreldwyd sowel as in Suid-Afrika.
“Wat die advertensies so suksesvol maak, is dat dit strategies geplaas is. Dit verskyn terwyl MXit besig is om te laai. Indien die boodskap sterk genoeg is, sal dit die eerste ding wees waaroor vriende met mekaar praat.”
Rikus van der Merwe (19), ’n eerstejaarstudent aan die Universiteit Stellenbosch, stem saam. “Die meeste mense gebruik deesdae MXit en jy sien die advertensie sodra jy MXit oopmaak.”
Van der Merwe het pas ’n Apple iPhone met ’n kompetisie op MXit gewen. Hy en vyf vriende het ’n stadstoer as deel van die prys geniet.
Me. Elaine Anderson van City Sightseeing se kliëntediens het gesê hulle het sowat 21 000 inskrywings vir die kompetisie ontvang.
Volgens haar was dit die eerste keer dat hulle MXit vir ’n kompetisie gebruik het. “Ons het ’n groot aantal inskrywings gekry, maar Facebook is nog ’n klein bietjie meer suksesvol,” het sy gesê.
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |