Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 12º / 20º | Worcester 9º / 23º | George 11º / 18º | Port Elizabeth 14º / 19º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Talle sportlui het Mexikaanse griep
05/07/2009 09:24:33 PM - (SA)

Meer as 2 000 sportlui van universiteite oor die land heen is moontlik aan Mexikaanse griep blootgestel en verskeie sportlui het reeds positief vir dié virus getoets.

Dr. Lucille Blumberg van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het die nuutste uitbreking van influensa A (H1N1) bevestig.

Sy het gesê hulle het Vrydag briewe gegee aan al die sportlui wat aan die toernooi van Universiteitsport Suid-Afrika (USSA) in Johannesburg deelgeneem het om hulle in kennis te stel dat hulle moontlik aan die virus blootgestel is en dadelik enige simptome moet aanmeld.

Volgens Blumberg is vier gevalle wat met die nuutste uitbreking verband hou eergister bevestig.

“Ons het gister nog 11 gevalle bevestig, maar dis nie seker of hulle almal met die nuutste uitbreking verband hou nie.”

Suid-Afrika het teen gistermiddag altesaam 29 bevestigde gevalle van Mexikaanse griep gehad.

Minstens vyf muurbalspelers is verlede week positief vir die virus getoets. Dit is nie seker of sportlui van ander sportkodes ook aangesteek het nie.

Al die sportaktiwiteite is by die Universiteite van Johannesburg en die Witwatersrand gehou.

Die eerste sportman wat simptome van Mexikaanse griep getoon het is mnr. Shaun Mackenzie van die Universiteit van Pretoria se muurbalspan. Hy het gister aan Die Burger gesê hy het verlede Sondag van Zimbabwe na Johannesburg gevlieg. Hy het vir die universiteitsvakansie by sy ouers gaan kuier.

“Ek het van die lughawe af na Tuks se High Performance Centre gegaan en sowat twee uur daar deurgebring voor ek na die toernooi gegaan het.”

Volgens Mackenzie het hy op die eerste dag van die toernooi reeds begin siek voel.

“Dinsdag het ek begin hoes en daardie aand het ek erge koors gehad. Ek is Woensdag dokter toe.”

Die dokters het hom opdrag gegee om ’n masker te dra en ander voorsorgmaatreëls te tref terwyl hulle vir die uitslag van die toetse wag. Hy is verlede Donderdag positief getoets.

Mackenzie is verbied om te reis en hy bly tans by familie in Johannesburg tot hy gesond genoeg is om later vandeesweek na Zimbabwe terug te keer vir die res van die vakansie.

“Ek voel al piekfyn,” het hy gister gesê.

Me. Liz Mackenzie, hoofafrigter van Tukkies se muurbalspan en komiteelid van USSA, het gesê hulle het die res van die sportlui aangemoedig om hulself te laat toets as hulle siek voel. Me. Mackenzie is nie verwant aan Shaun Mackenzie nie.

“Dit is jong mense wat baie fiks is. Hulle immuunstelsels is goed,” het sy gesê.

’n Aantal studente het wel toetse ondergaan, maar dit is nie bekend hoeveel van hulle positief getoets het nie.

Me. Liz Addison, waarnemende direkteur van Muurbal SA, het gesê sy het Vrydag die toernooi bygewoon.

“Baie studente het griep gehad, maar dit was baie koud en dis die seisoen vir griep.”

Addison het gesê hulle weet van vyf spelers wat Mexikaanse griep onder lede het. Twee spelers wat vandag in ’n ander toernooi sou begin speel, moes onttrek omdat hulle in isolasie is.

Blumberg het gesê daar is “regtig nie baie wat ’n mens hieraan kan doen nie”.

Sy het gesê in die meeste gevalle het die pasiënte matige of selfs geen simptome.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
91 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |