Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 12º / 20º | Worcester 9º / 23º | George 11º / 18º | Port Elizabeth 14º / 19º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Reëlings vir verpligte registrasie van simkaarte ‘vorder fluks’
05/07/2009 09:27:58 PM - (SA)

Die instelling van nuwe wetgewing ingevolge waarvan alle mense wat ’n selfoon besit daardie foon se simkaart persoonlik moet laat registreer, vorder flink.

Me. Dot Field, woordvoerder van Vodacom, die land se grootste selfoondienstegroep, het gesê hulle vorder fluks met die instelling van die nuwe regulasies.

Dié wetgewing vereis dat alle selfoonintekenare ingevolge die Wet op die Onderskepping van Inligting en Voorsiening van Kommunikasieverwante Inligting (Rica) ’n bewys van identiteit en woonadres aan agente wys wanneer hulle ’n simkaart koop.

Die bepaling geld alle simkaarte in gebruik. Rekeninghouers hoef egter net die inligting te bevestig, aangesien dit reeds verskaf is.

Vanaf 1 Julie het mense 18 maande kans om te registreer, waarna ongeregistreerde simkaarte gedeaktiveer sal word.

Volgens Field is spesiale meganismes in werking gestel om die proses so vaartbelyn as moontlik te maak. Mobiele agente om bejaardes en siekes te besoek is ’n moontlikheid.

Ouers of voogde van kinders jonger as sestien sal die verantwoordelikheid dra om die betrokke simkaarte te registreer.

“Vodacom het 20 000 werkers gewerf wat ons landwyd, maar veral in informele nedersettings, ontplooi,” het sy gister aan Die Burger gesê.

Vodacom het sowat 23 miljoen voorafbetalende kliënte teenoor vier miljoen rekeninghouers.

Field meen die nuwe wetgewing sal help om misdaad te bekamp.

Vodacom-kliënte kan by enige Vodacom-afsetpunt registreer of die kliëntediensnommer 0 111 skakel vir die naaste Rica-agent.

MTN-intekenare kan by alle MTN-dienssentra registreer of 0 173 skakel.

Cell C-kliënte kan by Cell C-konsessiewinkels, of waar ook al hulle Rica-bordjies sien, registreer of 0 140 skakel.

Volgens Field moet mense wat hul simkaarte wil registreer die volgende verskaf:

 Selnommer;

 Volle naam en van;

 ID- of paspoortnommer (’n ID-boekie, ’n ID-kaart, ’n tydelike ID-sertifikaat of ’n paspoort); en

 Bewys van fisieke adres (enige dokument met die registreerder se naam en woonadres op, byvoorbeeld ’n bankstaat).

Kommentaar


Selfoon-registrasie 7/6/2009 5:27:46 AM
Ek wou by twee agente registreer, maar hulle was nog nie gereed nie - het nog nie hul wagwoorde gekry nie. Opskud, Regering!!!!!!!
-Wally


selfoon-registrasie 7/6/2009 7:12:33 AM
'n Bankstaat het nie 'n woonadres op nie. B
-anoniem


Simkaart-registrasie 7/6/2009 7:21:54 AM
Het geregistreer, maar GEEN bewys ontvang nie. Sou sms kry - al 4 dae gelede en nog niks gehoor nie. Ek voel daar moet bewys gelewer word dat jy wel geregistreer het!
-Visser


sim kaart registrasie 7/6/2009 8:05:28 AM
Watter bewys moet 'n kind onder 16 bring as bewys van adres
-Cindy


simkaart registrasie 7/6/2009 8:22:42 AM
Ek het self `n bewysstrokie getik en Vodacom agent het dit gestempel en geteken en gedateer. Vir die kinders het ek self `n "Vir wie dit mag aangaan" brief getik met ID bewyse dat hulle by my woonadres woon. Agent het geteken en ek het bewyse.
-linda


simkaartregistrasie 7/6/2009 8:26:53 AM
Ek bly op 'n plaas wat destyds verdeel is en ons is gevolglik gedwing om 'n posbus te gebruik anders kry jy nie jou pos, hoe moet ek dan nou bewys lewer van verblyf, waar ek al amper 20 jaar bly. Die agent kan saamkom huistoe en sien waar ek bly (ha-ha grappie)
-Annemie


Simkaartregistrasie. 7/6/2009 10:58:15 AM
Net maar nog 'n wet met vrugtelose gevolge. Daagliks word 100de selfone gesteel of geroof en die krimineel sal defnitief van so 'n foon gebruik maak om sy wandade mee te pleeg.
-Gatvol


7/6/2009 11:17:52 AM
In plaas van hierdie belaglike wet (wat kriminele in elke geval gaan systap en identiteit diefstal gaan vermeerder) behoort selfoon maatskapye 'black-listed' fone toegang tot die netwerke verbied. Dit is maklik vir hulle om te doen - maar die geld verbonde aan die pay-asyou-go tipe kaarte is natuurlik te groot. So Vodacom, MTN en Cell-c; laat maar toe dat mense geskiet word vir hulle fone - omdat julle die fone weer op die netwerke toelaat. Dit is so oneties. Ek hoop julle verstaan dat die bloed van al die mense wat geskiet word vir 'n foon op julle is.
-Interloper


Simkaartregistrasie 7/6/2009 11:23:51 AM
Ek wil net weeet wat van ons wat op die oomblik oorsee werk en sit met sim kaarte wat ons gebruik as ons terugkom met vakansie. Nerens sien ek dat hulle voorsiening maak vir ons nie.
-Bekommerd


Wie moet registreer? 7/6/2009 11:44:29 AM
Ek het 4 selfone in my huishouding waarvoor ek kontrakte in my naam uitgeneem het en natuurlik die koste ook dra. My vrou gebruik een en my een mondige dogter, wat `n student is, `n ander een. Ekself het twee. My dogter studeer 1100km van die huis af en kom slegs een of twee keer per jaar huis toe vir vakansie. Wie moet registreer - ek of die persoon in wie se besit die selfoon en simkaart is?
-LC


Selfoonwet 7/6/2009 12:41:31 PM
Ek het 0140 geskakel soos in meegaande berig genoem word vir Cell C gebruikers, maar die nommer is nie in gebruik nie. Hoe is dit moontlik?
-Elmarie


Registrasie hakplek 7/6/2009 1:03:04 PM
Ek was toevallig in 'n Vodacom winkel waar 'n klient se seun in die buiteland werk, en sy nommer nogsteeds aktief is in Suid-Afrika. Hulle het instruksie gegee dat hy self die foon moet kom registreer, wat onmoontlik is. Sy is weggewys sonder 'n oplossing......
-Erhard


Registrasie Simkaarte 7/6/2009 1:41:33 PM
Ek het my 4 simkaarte binne enkele minute by Vodacom, Oudtshoorn registreer, bevestigings per sms ontvang, geen probleme ondervind !
-Johan


Selfoonwet 7/6/2009 1:47:13 PM
Die nommer vir Cell C is 140 nie 0140 nie.
-Carien


7/6/2009 3:37:47 PM
Dit is die mees belaglikste instelling nog ooit...want kriminele sal maar net manier kry om dit te bypass. Maar soos gewoontlik die wets gehoorsame gatvol burger wat ek is sit ek Vrydag af na my naaste Cell C handelaar. Sorry mev ons is nog nie gereed nie. Ok wat moet ek alles saambring as julle in die nabye toekoms ooit sal reg wees. Bewys van verblyf...ek het GEEN rekeninge nie...die telkom en munisipale rek is op my man senaam...so hoe moet ek maak...So julle slimmes stuur dan asb raak dat ek kan weet wat ek moet doen.
-Weskaper


Selfoon wet 7/6/2009 3:53:19 PM
Bollie!!!!!! ja ! soos altyd is ons mense maar nogal tyd so dom en bedaagsaam en doen net wat vir hulle gesê word.Nee mense vra eers hoe en waarom moet jy registreer.Môre weet almal jou persoonlike besigheid en wat in jou lewe aangaan .'n Mens se selfoon is vir jou eiegebruik en dit is persoonlik.HOOR!!!HOOR MOOI...!Julle gaan nog binnekort getax word op elke oproep wat julle gaan maak.
Die regeering kry mos altyd iet's uit die "deal"...WAAR LOS DIT VIR MY EN JOU? DOM,VAN JULLE ...JULLE BETAAL OP DIE OU EINDE TOT JULLE VREK.
Wat ek voor betaal sal myne bly en ek besluit hoe ek dit wil gebruik,plaas erder die druk op die maatskappy wat dit aan ons verkoop en nie hul werk reg gedoen het vanaf dag 1.
-Snake


Selfoon wet 7/6/2009 4:17:42 PM
Net nog nuwe wetgewing, maar is dit haalbaar. Die krimineel is klaar een voor, wie van die werkers van die selfoon mpye. kan die verskil tussen n egte en vervalste ID sien. Hoeveel is nie reeds betrokke by misdaad nie, bv die uitgee van persoonlike inligting nie. Moet inligting by die SAPS gesertifiseer word as waar indien nie is die hele lopie n vermorsing van tyd en geld. Miskien trap ek op mense se tone maar maak die proses klaar in 6 maande, hoekom die krimineel nog 18 maande gee.

S Mydurgh
Lankal Gatvol
-S Myburgh


7/6/2009 4:39:05 PM
Wat is die nommer vir mtn se lyn? die nr hier bo is heeltemal verkeerd en mtn se op 808 dat daar geen nr is nie en dat jy self moet ingaan na die sentrums toe.
-Etienne


Wapen/Selfoonwette? 7/6/2009 7:31:18 PM
Nog chaotiese wetgewing, die toepassing waarvan nie haalbaar gaan wees nie. Sien asb. die Wet op Vuurwapenbeheer! Sou graag wou weet wie die gesigsloses is wat hierdie tipes wetgewing bedink!Soos elke tweede midadiger met 'n vuurwapen rondhardloop en skiet, sal dieselfde situasie ook in die geval
van selfone ontstaan!
-Henry


 

  Kommentaar is gesluit
    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
91 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |