Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 12º / 20º | Worcester 9º / 23º | George 11º / 18º | Port Elizabeth 14º / 19º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
SAUK se TV-uitsendings kan eerste keer sedert 1976 stop
03/07/2009 07:49:14 AM - (SA)

Kaapstad. - Die openbare uitsaaier word deur ’n dreigende staking in die gesig gestaar, wat kan beteken dat daar vir die eerste keer sedert die koms van televisie in 1976 geen SAUK-uitsendings in Suid-Afrika sal wees nie.

Die Burger het gister verneem dat die staking, wat binne dae kan begin, vererger kan word omdat plaaslike TV-vervaardigers – wat miljoene rande deur die uitsaaier geskuld word – gevra gaan word om gedurende die massa-aksie in solidariteit met die stakers die ­lewering van alle TV-programme aan die uitsaaier te staak.

Die betrokke vakbonde moet ’n skriftelike kennisgewing aan die SAUK gee 48 uur voordat hulle met massa-aksie wil begin. Hulle is besig om hul planne noukeurig uit te werk. Dit sal betogings by SAUK-kantore landwyd insluit.

Volgens die vakbonde het die uitsaaier reeds met intimidasietaktiek begin deur werkers af te raai om aan die beoogde massa-aksie deel te neem en te dreig dat hulle nie betaal sal word nie.

Die uitsaaier het egter ’n “spesiale gebeurlikheidsplan” gereed indien ’n staking hom sou verlam en uitsendings sal wel voortgaan, het mnr. Kaizer Kgan­yago, SAUK-woordvoerder gesê.

Die CWU, Mwasa en Bemawu verteenwoordig sowat 70% van die SAUK se arbeidsmag, sowel as dié van Sentech, die seinverspreider. Ingeligtes in die SAUK het gesê die SAUK sal waarskynlik nie tydens ’n staking deur dié drie vakbonde kan uitsaai nie.

Die TV-bedryfnoodkoalisie (TVIEC) vergader vanoggend met die minister van kommunikasie, genl. Siphiwe Nyanda. Dié groep verteenwoordig onafhanklike TV-vervaardigers en is verantwoordelik vir ’n groot getal produksies wat die SAUK se kwota plaaslike TV-inhoud uitmaak.

Die TVIEC het gesê die SAUK se beloftes ná openbare protes op 4 Junie het op niks uitgeloop nie, en ook nie sy beloftes oor weeklikse vergaderings nie.

“Ons bedryf word nog miljoene rande geskuld en daar is hoegenaamd geen kommunikasie van die SAUK se topbestuur se kant af nie,” het die TVIEC in ’n verklaring gesê. “Ons kort ware verandering, nie leë beloftes nie.”

Die TVIEC sal die minister vra vir onder meer nuwe uitvoerende bestuur by die SAUK, dat ’n onderneming gegee word dat uitstaande skuld aan die vervaardi- gingsbedryf onmiddellik betaal sal word en dat onafhanklike TV-produksiekenners in die nuwe SAUK-raad ingesluit word.

Kommentaar


Swart uitsendings 7/3/2009 8:02:05 AM
As die uitsendings gestaak word, sal die beeld net so swart beeldloos en korup wees soos die SABC bestuur. Waar is die SAUK? Lyk my met elke naams verandering hou dinge op met werk!
-Beeldloos


dit is jammer 7/3/2009 8:20:04 AM
Ek onthou die eerste dag ons Suid Afrika TV gekry het.....die dag toe ek van skool af loop huistoe....1976....die goeie ou dae en Haas Das se Nuuskas die hoogtepunt van die dag was............Ek dink daar is te veel Kokke in die kombuis......SAUK, SABC.....kan 'n plan maak en die tv lewe laat voortlewe....sonder enige stakings..........Julle weet beter...........maak 'n plan.......wees trots op julle land en julle kultuur!.....laat dit voortleef!

-


Sluit liewer permanent 7/3/2009 8:34:25 AM
Ek het nou onlangs vir 3 weke in SA gekuier en te oordeel aan wat deesdae op SAUK TV beskikbaar is om te kyk, kan hulle netsowel dit permanent sluit - dan is al die probleme en vermorsing van geld mos opgelos.
-Johann


ANC korrupsie 7/3/2009 8:34:36 AM
Almal weet wie die skuld dra vir hierdie ineenstorting: ANC

-Boeta


SA...B.....C 7/3/2009 8:36:25 AM
En die ANC is doodstil. Miskien moet vervaardigers hul rekening vir die ANC stuur. SABC = ANC Dis mos korrekte wiskunde. Dankie aan die ANC wat nog 'n gemors veroorsaak het. My raad: Privatiseer die SABC ...... skuus Cosato en uitgediende Kommunistiese party het nog nie in die verband 'n eier gelê nie. Nee sies man .... jul steek ons alweer in die skande.
-Francois


SAUK ekskuus SABC 7/3/2009 8:38:49 AM
Hoe gouer, hoe vinniger, hoe beter. Petrolkaarte R18 miljoen oortrokke en hulle soek R2 biljoen by die regering. Maar geen geld om dokters te betaal... Maak toe.
-Jan


Sluit hom 7/3/2009 8:44:07 AM
Hulle kan met die grootste plesier die Tv stasie sluit.

Ek wonder of daar 10% is wat die moeite werd is om te kyk.

-alkie


SAUK 7/3/2009 9:00:25 AM
Ons is al moedeloos om van al die korrupsie te lees en te hoor wat in hiedie land aangaan maar niemand doen iets nie!! Daar is altyd verskonings en antwoorde wat ander pas maar wat nie sin maak vir ons as belastingbetalers nie. Ek is een van die min getroue TV lisensiebetalers en wat gaan van my geld word as dit sluit!! Wat gaan van ons mense word wat TV as hul daaglikse kommunikasie middel gebruik? Almal kan nie DSTV bekostig nie en moet tevrede wees met die MIN goeie programme wat hul wel kan volg op TV. Dit is te gevaarlik om saans uit te gaan, wat gaan hierdie oumensie nou doen?? Nee asb die regering moet ingryp en die sondeboke laat betaal dis wat my werkgewer met my sal doen as ek geld spandeer sonder toestemming!!!!
-Moedeloos


SAUK 7/3/2009 9:31:21 AM
Ja Nee, ons was heel jaar gedruk om T.V.Lisensie te betaal, en het dit gedoen! Nou sal ons net in die gevolg nie betaal nie en die SAUK kan maar met al sy dreigemente kom...Daar is in elke gevail so min vir ons om te kyk op T.V. Sal dvd's kyk, SAUK julle beindruk my nou regtig nie!
-Du toit Brackenfell


SAUK 7/3/2009 9:32:49 AM
'n Veelsnydende swaard?
Geen TV en ek skort my maandelikse Liksensie geld op.
Hoekom moet jy vir iets betaal wat nie afgelewer word nie?

-Dawie


SABC 7/3/2009 9:45:53 AM
Ek kyk glad nie eers SABC 1 nie, want dis net swart, jammer om dit nou so lelik uit te spreek, maar dis die waarheid, SABC 2 & 3 kan nog gekom het. As dit SAUK se uitsaaie gaan sluit, soek ek asseblief n refund vir my TV lisensie, want ek betaal nie verniet en kry niks uit die deal nie
-verkies maar DSTV


SAUK 7/3/2009 9:47:11 AM
Wat nou nog - wat volgende.
Ek stem saam met Dawie. Ek betaal nie vir 'n diens wat ek nie kry nie.
Hoe kom die geldsake van die SAUK tot so 'n punt kom dat hulle so baie skuld. R18m vir petrolkaarte!!!!!!!
Dit gaan net te lekker en ons man in die straat moet maar betaal!!!!!
-Wat nou nog


SAUK/SABC 7/3/2009 9:48:45 AM
Ja, groot makietie is gehou met die NUWE SABC! So ook het alles "nuut" geword - weermag, polisie, hospitale, straat name, dorps name ens tot vervelens toe. Alles verg "A commission of inquiry" `gravy train` ondersoek. Geld groei mos op bome! Wat `n gemors! Vervolg eers die skelms wat al die geld gesteel het (HA HA) en maak dan die deure van die uitsaaier vir goed toe.
-mkp


SAUK 7/3/2009 9:56:32 AM
Die gemors op Tv,Tv2,Tv3,en ETv kan hul maar afhaal. Stok ou goed word gewys, alles swart, kon net sowel 'n wit en swart TV gehou het. Dokumenter (Survivor) man se amper kaal boude word en die een wat kaal geswem het was "blocked out" maar saans word daar van die ergste kaal en ure lange sekstonele "full on" gewys. Sny TV wat sulke gemors gehalte..Rita
-Rita


Klem in die Kaak 7/3/2009 10:11:31 AM
SABC, SAPS, ESKOM, ANC - almal spel dieselfde woord...
-Culrycat


SABC 7/3/2009 10:13:38 AM
Maak toe. Daar word in elk geval meer voorsiening gemaak vir die nie-betaler. Jammer vir oumensies wat wel betaal. En miskien begin ons kinders weer lees.
-Annie


SABC 7/3/2009 11:07:37 AM
Dit het tyd geword dat die mense in beheer besef dat hulle die trots en waardigheid van 'n kontinent op hul skouers dra. - Hulle KAN die SABC 'n sukses maak. -Hou op selfsugtig en gierig wees, en raak trots!
-optimis-dwaas


petrol 7/3/2009 11:13:32 AM
Ek wil ook petrol ingooi op die SABC se rekening,omdat ek jaarliks my lisensie gelde betaal. Toi Toi is mos die "in ding" as jy nie jou sin kan kry nie.Ons land was "vroeër" jare nie in sulke gemors nie,wys jou net wat gedoen kan word en die belastingbetaler moet maar hoes.
-sannie


Tipies 7/3/2009 11:15:14 AM
Dis nou tipies van die ANC regering. Dink mos geld groei aan die witman se rug en dat ons net sal betaal en betaal. Dit moet nou ent kry. My vraag is as volg: kan MultiChoice nou asb opstaan vir sy intekenare en ons help met die stryd sodat ons nie meer geld aan die SABC hoef te betaal nie. Daar is GEEN SABC programme wat ek kyk nie, en weet nie waarom ek my lisensie aan SABC moet betaal nie.
-jannie vannie kaap


SAUK / SABC 7/3/2009 11:19:03 AM
Soos alles in hierdie land is daar weer teveel vingers in die "till". SAUK in sy maai, Padongelukfonds (wat hel-sterk was) in sy maai, Robbeneiland - in sy maai, wonderlike Staatshospitale (eens skoon en goed bestuur) in hulle maai etc.etc...... Maak toe stop die onkostes - moenie hulle help nie asb!! Die geld kom uit die Belastingbetalers se sakke en diegene wat TV lisensies getrou betaal.
-Pauline


Maak SABC toe asseblief. 7/3/2009 11:20:19 AM
Ek spandeer elke jaar R6000 (die prys van 'n goeie LCD TV) op DSTV (R500x12) en kyk nie SABC gemors nie. Tog moet ek 'n TV liksens betaal en ek voel dit is uiters verkeerd.

Maak gerus hierdie lende lam nonsense kanale toe wat ons bevloking verdom met hulle verouderde en snert programme en twak sepies wat al die ou tannies aan die skinder het. Dan hoef ek nie meer 'n TV liksens te koop nie en kan eerder die geld beter benut deur 'n zol te rol met dit.

Ons kan elkgeval die uitsaai spektrum (VHF/UHF) beter gebruik vir iets anders as alle TV uitsendings via sateliet is.
-Rouxenator


Hahahahaha 7/3/2009 11:21:21 AM
Hahaha...ek is nog jonk en het niks met die verlede uit te waai nie, maar kan julle (ALMAL wit,pienk, swart, bruin geel, watse kleure daar nog ook is) net asb. ophou om lewe vir ons wat nog moet lewe in SA dit moelik te maak, kom oor julself asb. Ek lag net oor die hele storie!
-Gideon


Soos dominoes 7/3/2009 12:23:21 PM
So val hulle - Onderwys, Gesondheid, Polisiediens, Regsbank, Binnelandse Sake, SAUK..... soos dominoes. Wat gaan volgende wees? Maar het ons dit dan nie gesien kom nie?
-Pierre


SABC 7/3/2009 12:51:19 PM
Tipies... alles het goedgegeen tot 10jr terug.
klink dit bekend?
die hospitale, skole, elektrisiteit, water (dink aan Sannieshof met die POO in hul drinkwater,..en die armstes word betaal om aan te teel....
-tipies nuwe SA


sabc 7/3/2009 12:54:39 PM
Ja ou gideon obviously is jy nog 'n kind of student. betaal nog nie belasting nie of tv lisensie. Die mense is ongelukkig. Mense praat van die laaste persoon wat die land verlaat moet net die ligte afsit,,,die tv sal klaar af wees...
-aan gideon


Hou net uit... 7/3/2009 12:59:10 PM
Hou net uit... hulle sal ALLES opdons tot niks meer werk nie - en dan sal hulle oorgee dat ons die kastaiings uit die vuur krap en weer alles opbou! Tot dan sal ons op ons tande moet byt... HOUT NET UIT!
-Elsabé


Bevolkingsontploffing ... 7/3/2009 1:18:51 PM
O gaats, het die ANC al gedink wat gaan gebeur as daar nie meer TV is wat (ledige) mense saans kan kyk nie?? Party mense kan hul breins gebruik en beplan, maar sommiges gaan net meer en meer teel (omdat daar nie vir hul ander 'vermaak' is nie!) en diegene wat wel belasting betaal, sal net meer en meer moet opdok. (Hahahahaha!!!!)
-Katermaai


SAUK 7/3/2009 1:27:06 PM
Gideon ek is seker ons maak dit nie vir jou/jongmense moeilik in SA nie. Kyk mooi wat almal skryf, alles val uitmekaar. Ons en julle jonges moet die lewe aandurf. Watter goeie voorstelle het jy??? en ek stem saam met Elsabe, ek neem aan julle jonges wil almal n goeie lewe in ons land he, miskien wil jy n drieverdiepinggrasdakhuis he, enige mens wil mos gelukkig wees in ons land. Baie voorspoed vir jou jongman. Mag dit met jou baie goed gaan.Dit is wat ons almal wil he in ons eie S.A.
-Wiele-Waal


SAUK 7/3/2009 1:40:27 PM
Elsabe wie is jou ons wat die moet uit help as alles inmekaar stort. Reg wat gebeur is verkeerd maar moenie net na een spesifieke groep verwys nie. Is die res van ons dan dom
-Ans


Tata TV Lisensie 7/3/2009 1:47:46 PM
Een ding is verseker: ek gaan definifief nie meer my TV lisensie betaal nie. Die SABC het nou 'n lat vir sy eie agterwereld gepluk. Want nou word daar van ons verbuikers verwag om hulle uit die verknorsing te held. En dit as gevolg van hulle eie toedoen. Nee wat, tata TV lisensie. Ek betaal nie weer nie, want dis die regte ding om te doen!!
-Helderberg


wonder ek toe 7/3/2009 1:50:20 PM
Die lys van mislukkings raak net langer
.. en steeds wonder ek, WAAR IS DE KLERK SE WIGTE EN TEENWIGTE?

-noggejan


Jou D 7/3/2009 2:18:28 PM
Promises Promises. Asseblief vat dit tog net weg!!!

Maar dink julle die ANC sal dit toelaat? Wat gaan hulle dan gebruik vir hul propaganda. Hulle kan sommer die geld wat hulle by die goewerment (dit wil se ek) kry om hul verkiesings te run daarvoor gebruik.
-Lag


7/3/2009 3:27:14 PM
Sal nie 'n verskil maak nie, daar is in elk geval net gemors op SABC 1,2,3. E TV Probeer darem. Dankie tog vir DSTV !!!
-Riaan


Gemors 7/3/2009 3:30:07 PM
Hoeveel keer het ek al SABC 1 gekyk die afgelope paar maande?Amper nooit nie!
Vat Sewende Laan (die enigste program wat die meerderheid mense kyk) Kyknet toe en stop die SAUK1
-BEFOETERD


Apartheid 7/3/2009 3:56:59 PM
Seker ook apartheid se skuld dat SABC so baie skuld.
-Franna


betaal sal julle 7/3/2009 4:27:23 PM
hey....julle dreig lekker om jul lisensie betalings te staak...maar betaal sal julle betaal..die sauk het prokureers wat baie goed is daarmee om jou te "blacklist" en wat kan jy daaraan doen? NIE 'n DOOIE DUIT!.... lekker k** en betaal!
-sannie v worcester


swakswakswak 7/3/2009 4:29:31 PM
Die dag toe rugby en krieket van die lug afgehaal was, het ek ophou lisensie betaal. Ek moet elke keer na dieselfde gemors kyk, oor en oor en oor. Ek het die ding lankal sien kom, daar is net nie geld vir rugby en krieket nie,maar uitsendings word gehou met vyftig toeskouers by n plaaslike sokker wedstryd. Gee ons rugby,krieket en genoeg Afrikaanse programme en siedaar, SAUK is weer tops.
-slimmetjie


Idiote 7/3/2009 4:35:02 PM
Asb, hulle prokureurs is net sulke idiote soos hulle. Ons het twee rekeninge by hulle onder dieselfde id no. Een betaal, die ander een nie. Nie ons s'n nie. 4 Jaar dreig hulle en na honderde oproepe, e-mails, polisie verklarings het hulle nogsteeds nie bygekom nie. Nou ignoreer ons hulle maar, 4 jaar al.
-nakkie


Kommunikasie is great! 7/3/2009 4:42:42 PM
Ja Gideon, duidellik is jy nog 'n oningeligte jeug ook! Hoekom doen jy nog die moeite om kommentaar te lewer op nuus as jy dan nie omgee wat in die land aangaan nie en praat defnitief nie namens almal van ons wat nog in SA wil lewe nie!
Daar is duidellik 'n hele paar mense wat geen idee het hoe ons kommunikasienetwerke in die land werk nie en Gideon meeste mense lees om ingelig te wees en ek dink jy sal die eerste een wees wat gaan sukkel om jou humorsin teenoor die land uit te druk as jy nie meer internet het nie...Jy maak my lag!!! Regering betaal net die mense se geld, julle gaan ook nie kan luuks funksioneer sonder tv kommunikasie nie!
-tv kyker


SAUK 7/3/2009 4:45:51 PM
SABC kan maar verdwyn .Ek kyk nie na hul programme nie.Ek het vir 3 huise se lisensies betaal maar net vir een huis 'n lisensie ontvang .Wonder wat het van ander twee se geld geword terwyl hulle my drieg met R4000 se agterstallige geld wat net hulle weet hoe hulle daarby uitkom
-Lafras


Hoog tyd.... 7/3/2009 4:46:48 PM
Dis goed dat dit gebeur. Ons kan altyd weer oorbegin en dalk kom daar iets goed daar uit.

Sit liewers met geen tv as om vir 'n klomp aape te sorg.

Tenminste gaan my tuin weer goed lyk.
-Derick


SAUK 7/3/2009 4:49:49 PM
Sluit die plek en jaag die korrupte gespuis wat dit bedryf het die strate in. Die soustrein se sous is klaar,nou kan ons weer lees en lekker saamkuier. Die SAUK,watter een?
-Kallie


SAUK 7/3/2009 5:06:50 PM
Net diegene wat hard gewerk het,het respek vir geld.Diegene wat deesdae aan stuur van sake staan het geen benul van oordeelkundigheid nie en wil net blink lewe ten koste van die belastingbetalers want alles het mos in hul skoot geval
-PLM


SAUK 7/3/2009 5:17:51 PM
Is dit moontlik om al die vorige ministers wat saam met die vorige president, Thabo Mbeki, gedien het, voor 'n internasionale hof te daag om rekenskap te gee van hul versium om na die belange van RSA-burgers om te sien en hul gruwelike vernalatiging van eenvoudige dienslewering. Laat die ex.prez. verduidelik waar hy vir 10 jaar was toe hy die ministers moes moniteer. Al hul bates moet gekonfiskeer word om te vergoed vir die agteruitgang van die gesondheidsdienste, onderwys, polisie en nou SAUK. Waar is al sy aanhangers wat hom so verdedig het nou?? My ore tuit eintlik van hul stilte.
-Okkie


SAUK 7/3/2009 5:29:40 PM
Alles is korrup - polisie, skole, paaie, parlement, munisipaleit, SAUK - alles in SA - bring weer die mense terug wat weet hoe om met geld te werk om alles reg te ruk. Daar is nou meer korrupsie as wat daar voor 1994 was
-Salome


Apartheid 7/3/2009 7:35:00 PM
Die vloekwoord wat ons self gemaak het,heerlik lekker ,kry vir julle monde vol daarvan,dit smaak so lekker want dit ruik so lekker !! Wittes gee nie eers meer vir wittes werk nie,stel liewers swartetjie aan,is maar soos dit is..kom or die bult mense..ons het dit self geskep..ons as blankes is die oorsaak van ons eie toedrag van sake..ruglaatlose..brandewyn drinkende manne wat nie ander ouens se vrouens kan uitlos nie..en vrouens wat vervelig is met hulle suipende mans..ag nee wat..as die skoen jou pas trek hom aan as hy nie pas nie..staan op en se jou se..ja ons bly in 'n bollie land..maar dis ons eie skuld..steek jou hand in jou eie boesem vriend
-bammies


SAUK 7/3/2009 8:21:37 PM
SAUK kan maar afsit hulle het tog f...... programme,in elk geval ek het DSTV so lekker middelvinger.
-Poena


 

  Kommentaar is gesluit
    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
90 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |