Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 19º / 24º | Worcester 18º / 29º | George 19º / 25º | Port Elizabeth 22º / 28º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Besluit oor vroue ‘is spyker in kerk se kis’
02/07/2009 10:31:02 PM - (SA)

Pretoria. - Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) se verbod op vroue as predikante en ouderlinge is “net nog ’n spyker in die sterwende GKSA (se doodskis)”.

Dié mening van ’n student wat met ’n doktorale studie oor krimpende kerke besig is, is maar een van talle van ongelukkige lidmate van die GKSA nadat die kerk se algemene sinode eergister besluit het om vroue uit dié ampte te hou.

Die student, onder die skuilnaam VVV, skryf op Neels Jackson se blog by www.beeld.com: “My hartseer is groot oor hierdie pynlike stadige selfmoord.”

Onder die ander reaksies was daar ook ’n oproep van prof. Susan Coetzee-Van Rooy om ’n kerklike boikot.

Nie almal was egter negatief nie. Me. Maureen van Helden, wat self teologie gestudeer het, skryf op die blog as “Doppervrou (juigend)” as dit God se wil is dat vroue in die ampte moet staan, sal dit gebeur as sy tyd reg is daarvoor.

By navraag het sy gesê sy is nou heeltyds betrokke in die kerk se jeugkantoor. Al kan sy nie preek nie, voel dit nie vir haar asof alle deure nou vir haar toegegaan het nie. Sy hoef nie op ’n preekstoel te staan om God te dien nie.

Hierop het ’n ander blogger onder die naam “Hettie Dopper nie juigend” geskryf: “Hoe verskriklik hartseer! Lieg ek dan vir myself as vrou as ek die roeping om as prediker op te tree in my hart voel? Speel God ’n nare speletjie met my deur my die gawe te gee en dit dan te verbied in Sy kerk?”

Me. Annalie Steenkamp-Nel, wat 15 jaar gelede haar teologiese studie voltooi het, het by navraag gesê sy is minder bekommerd oor dié besluit as oor die feit dat kerke al meer irrelevant raak. Dié besluit dra egter daartoe by.

Steenkamp-Nel, wat intussen ’n bediening buite die kerklike strukture opgebou het, het gesê dis ’n baie blootgestelde posisie, maar dit gee haar ook ’n klomp vryheid. Sy dink sy is nou beter in kontak met die samelewing as wat sy as dominee sou wees.

‘EK IS JAMMER’

“Ek voel verslae. Ek moes my vrou en dogters in die oë kyk en sê dat ons manne op die sinode weer besluit het dat hulle nie regtig volwaardige lidmate van die Gereformeerde Kerke is nie.”

Só het dr. Riaan Rheeder, predikant van die Gereformeerde Kerke (GKSA) in Suid-Afrika se Randfontein-gemeente gister aan Beeld, susterkoerant van Die Burger, se brieweblad geskryf na aanleiding van die GKSA se besluit om nie vroue as predikante of ouderlinge toe te laat nie.

“Dit is vir my baie seer. Ek voel so woordeloos. En ek is so lief vir my kerk. Dit voel of ek hulle (en alle vroue) só in die steek gelaat het. Al wat ek julle vanoggend kan bied, is my diepste hartseer en verskoning.”

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
90 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |