Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 14º / 22º | Worcester 10º / 26º | George 10º / 20º | Port Elizabeth 13º / 20º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Artse ontken babas sterf weens staking
02/07/2009 10:24:53 PM - (SA)

Kaapstad. - Wes-Kaapse staatsdokters ontken dat enige babas weens hul huidige staking gesterf het.

Die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, aartsbiskop Thabo Makgoba, het gister gevra hoeveel babas al weens die stakende staatsdokters se staking oor hul besoldiging gesterf het.

Intussen het die regering en die komitee van mediese dekane die stakende staatsdokters aangeraai om weer te begin werk.

In ’n veroordeling van die dokters se staking, wat ook Wes-Kaapse staatshospitale sedert Dinsdag verlam het, het Makgoba gesê dit sal tot sterftes lei.

“Dié met die nodige middele kan na private dokters gaan, maar die armes moet sonder sorg klaarkom en sommige sal sterf.” In ’n verklaring het hy die departement van gesondheid gevra of die staking daartoe gelei het dat meer babas as gewoonlik gesterf het.

Die Rooi Kruis-kinderhospitaal se prof. Heather Zar, hoof van pediatrie en kindergesondheid by die Universiteit van Kaapstad, het gesê kindersorg by dié hospitaal het onverpoos voortgegaan ondanks protesaksie oor die middaguur deur dokters daar.

“In die geval van my hospitaal, maar ten minste in die Wes-Kaap, dink ek beslis nie enige babas het weens die staking gesterf nie, want toegang tot noodsorg is nog wyd beskikbaar,” het Zar gesê.

Mnr. Themba Maseko, regeringswoordvoerder , het gister op ’n nuuskonferensie ’n beroep op staatsdokters gedoen om “onmiddellik” terug te keer na hul poste, berig Sapa. Indien hulle versuim om terug te keer, sal wegblyers se poste geadverteer word nadat die spertyd van 21 dae ná vandeesweek se besoldigingsaanbod aan dokters verstryk het. Ook die komitee van mediese dekane het verdere protesaksie afgeraai.

Die Wes-Kaapse minister van gesondheid, mnr. Theuns Botha, het intussen aangedui die beleid van geen-werk-geen-betaling waaraan dokters onderwerp is, is na sy mening “voldoende straf”.

Me. Hélène Rossouw, woordvoerder van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, het by navraag gesê die aflegging van dokters, soos in KwaZulu-Natal, word nie in die Wes-Kaap oorweeg nie.

In reaksie op Makgoba se vraag oor babasterftes het Rossouw gesê die departement is nie bewus van enige gevalle van lewensverlies weens die staking in die Wes-Kaap nie.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
88 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |