Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 20º / 31º | George 19º / 27º | Port Elizabeth 22º / 26º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Narkotiese middel lei dalk tot Jackson se hartversaking
02/07/2009 10:24:24 PM - (SA)

Los Angeles. – ’n Sterk narkotiese middel, Propofol, en nie die pynstiller Demerol nie het dalk aanleiding gegee tot die hartversaking wat die lewe van die superster Michael Jackson verlede week geëis het.

Volgens die webtuiste tmz.com (TMZ) het Jackson dalk Propofol in sy gestel gekry voordat hy gesterf het. Talle mediese kenners het aan TMZ gesê daar is geen mediese rede vir Jackson om Propofol in sy huis te hê nie. Dit word binne-aars toegedien en gebruik om mense hul bewussyn te laat verloor voor chirurgie.

Volgens TMZ het Jackson gereeld Propofol gebruik om te slaap en was hy verslaaf aan die uitwerking van narkose.

Daar word ook berig die Amerikaanse federale agentskap teen dwelms (DEA) sal die Los Angeles-polisie bystaan om al die dokters wat dwelms aan Jackson verskaf het aan die kaak te stel. Jackson het glo skuilname soos Omar Arnold en Jack London gebruik om medikasie in die hande te kry.

Volgens ingeligtes was die misbruik so blatant dat ’n sekere dokter net ’n apteek sou bel en sê Jackson is op pad vir Demerol.

Die apteek sou dan die voorskrif uitreik, maar die pasiënt se naam nie invul nie.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
606 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |