Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 14º / 22º | Worcester 10º / 26º | George 10º / 20º | Port Elizabeth 13º / 20º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, gister in die Sun Square-hotel in Fourways op die span se nuuskonferensie en aankondiging van die span vir môre se derde toets teen die Britse en Ierse Leeus.Foto: Gallo Images
Die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, gister in die Sun Square-hotel in Fourways op die span se nuuskonferensie en aankondiging van die span vir môre se derde toets teen die Britse en Ierse Leeus.   Foto: Gallo Images
Nuus
‘Ek is g’n boef’
02/07/2009 11:28:22 PM - (SA)

Johannesburg. - “Ek is jammer, Suid-Afrika. Ek is jammer, Springbokke.”

Die geskorste Springbok-flank, Schalk Burger, het gister só in ’n verklaring om verskoning gevra ná die oogkrap-voorval tydens die tweede rugbytoets teen die Britse en Ierse Leeus.

Hy is vir agt weke geskors nadat hy aan onsportiewe gedrag skuldig bevind is.

Bryce Lawrence, ’n lynregter, het Burger aan die begin van sy 50ste toets uitgewys nadat hy die Leeu-vleuel Luke Fitzgerald uit ’n losgemaal getrek het.

Die skeidsregter, Christophe Berdos, het Burger met ’n geel- kaart koelkas toe gejaag. Hy is ook later deur die Nieu-Seelander ­Steve Hinds vir beweerde oogkrappery uitgewys.

“As ’n trotse Suid-Afrikaner en Springbok-speler het ek groot re­spek vir die tradisies van die wonderlike spel van rugby. Deur my hele lewe en loopbaan het ek altyd die spel benader met een doel voor oë – om dit hard en eerlik te speel.

“Ek is nie ’n rugbyboef nie en sal nooit doelbewus oogkrappery of iets dergeliks doen wat onwettig is nie,” lui die verklaring.

“Ek is daarom verlig dat die regsbeampte in sy ondersoek bevestig het dat ek nooit doelbewus die oë van ’n teenstander aangeval het, soos beweer is deur die uitwysingsbeampte nie. Ek sal altyd die spel so hard moontlik speel, maar binne die reëls.

“Ek vra om verskoning vir my ondersteuners en spanmaats dat ek die eerste tien minute van die toets van die veld was. Ek sien uit daarna om met oorgawe in die nabye toekoms terug te keer veld toe.”

Burger is deur talle teenstanders, onder wie die Leeus Shane Williams en Mike Phillips, van “lafhartige” optrede beskuldig.

Die ondersoekbeampte, Alan Hudson, het gesê hy kon geen bewyse vind dat Burger doelbewus probeer het om Fitzgerald se oë te beseer of aan te val nie.

Hy meld wel dat Burger onverskillig was en dat hy moes voorsien het dat daar erger gevolge kon wees. Hy het hom skuldig bevind aan onsportiewe optrede, maar bygevoeg dat Burger se skoon vertoningslys in dié verband en sterk getuienis oor sy persoonlikheid deur die afrigter Dick Muir en spanbestuurder, Arthob Petersen, hom oortuig het om hom ’n ligter straf op te lê.

Hoewel Burger dus vir 12 weke gestraf kon word, het Hudson net agt weke aanbeveel.

Die slot Bakkies Botha het gister gehoor die appèl teen sy skorsing van twee weke is van die hand gewys. Hy het gesê die beslissing “maak my siek”.

“Ek kan dit nie glo nie, ek is verstom. Ek sal graag wil sien hoe spelers hierna losskrums gaan skoonmaak.”

) Die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, wou nie gister reageer nie op aantygings deur die Leeus se mediahoof, Greg Thomas, dat die afrigter van die Leeus, Ian McGeechan, wel vir De Villiers ná die tweede toets gelukgewens het.

De Villiers het vroeër beweer hy is nie gelukgewens nie, maar dit is deur Thomas ontken, wat gesê het McGeechan het hom twee keer die hand gegee.

“Ek sal Saterdag na die Leeus se kleedkamer toe loop en McGeechan se hand gaan skud,” het De Villiers gesê.

Die derde toets word môre op ­Coca-Cola-park in Johannesburg beslis.
)

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
88 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |