Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 12º / 20º | Worcester 9º / 23º | George 11º / 18º | Port Elizabeth 14º / 19º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Dís hoe ’n tipiese kunsvliegie deesdae in dié gewilde hengelsport lyk.Foto: verskaf
Dís hoe ’n tipiese kunsvliegie deesdae in dié gewilde hengelsport lyk.   Foto: verskaf
Nuus
KATONKEL: Forelle kan kniebroek-brigade ook die naweek laat ontdooi
02/07/2009 09:33:49 PM - (SA)

Forelle is aan die loop en sommer goed ook. Dit het gister gelyk of die hoofrede hiervoor die skielike warm weer is wat talle soorte insekte laat “ontdooi” het en oor die stil damme en sytakke van bergstroompies baljaar.

Medewerkers van Katonkel wat deur die week in die Du Toitskloof was, verwag die naweek ’n toeloop van die “kniebroek-brigade”, maar ook in die plaasdamme is daar skielik lewe.

Mooi groot forelle is aangekeer, hoofsaaklik op vliegies, terwyl die wurmpies en platannas stil in die water bly lê het.

Op Eikendal, buite Stellenbosch, het Philip Meyer (021 855 2646) van die bekende vlieghengelskool Fly Talk aan Katonkel gesê op die plaas is ook sterk byte gesien.

Wat veral opsigtelik is, is die aantal jongmense wat deesdae in vlieghengel belangstel. Dit is ’n tendens wat danksy die opleidingsentrums ontwikkel het, vertel Johan du Prez van Seepunt.

Meyer het gister vertel dat dit nie meer soos in die ou dae is dat vlieghengel ook net tot forelhengel beperk is nie.

Die kuns om vliegies, wat soos die ware Jakob lyk, self te maak, het so goed gevorder dat enige vis wat op sy oë staatmaak om kos te vang, met ’n kunsvlieg gevang kan word.”

Du Prez reken vlieghengel is soos baarshengel aan die toeneem omdat al hoe meer mense (veral ook vroue) die voorbereiding tot ’n kunsvlieguitstappie net so opwindend vind as die uitstappie self. Dis lankal nie meer ’n kwessie van aas aansit en sit en wag nie, glo die meisies. En boonop is dit ’n gebied waar hulle op gelyke voet met manlief kan kompeteer.

In sommige Europese lande is vlieghengel reeds amptelik ’n skolesport en by enkele skole in Italië skoolvakke, met nogal ingewikkelde handboeke.

Die oplewing in die riviere, ten spyte van die gure weer, word egter tans maar traag benader deur die baarsmanne wat vir die volgende weke tot ruste gekom het omdat baarse nou nesgeskop het.

Die kleintjies sal binnekort beskerm moet word en dan is ma en pa nie lus vir vliegies jag nie.

In ’n opname wat ons die afgelope week gemaak het, blyk dit nou dat vlieghengel weer eens minstens twee kabeljoue vanaf ’n skuit in die Breederivier opgelewer het.

Al hoe meer mense het die laaste tyd ook Hermanus se hawemuur vir die nuwe “dropshot”-tegniek gebruik en met kolstert en das vorendag gekom.

Met gewone stok en katrol vanaf die sand het galjoene nie op hulle laat wag nie. Visse van 2 kg is by die Plaat, by Hermanus, gevang.

Hermanus se hoë walle aan die sirkelpad het ook kolstert opgelewer.

Op Strandfontein se sand is nog twee albaster-rogvisse aangekeer. Een het die skaal op 37 kg getrek. Albei die visse is vrygelaat.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
90 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |