Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 20º / 31º | George 19º / 27º | Port Elizabeth 22º / 26º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Brent Dorrington het hierdie ronde teen Ballito se reuse-branders in skoon stelle verloor. Foto: EWING
Brent Dorrington het hierdie ronde teen Ballito se reuse-branders in skoon stelle verloor.    Foto: EWING
Nuus
SURF MET JARVI: Surfers boos oor Ballito-‘blaps’
02/07/2009 09:33:20 PM - (SA)

Tonge is los in die surfgemeenskap oor die Mr Price Pro, wat vanjaar van Durban na Ballito aan die KwaZulu-Natalse Noordkus verskuif.

Dié byeenkoms het afgesit met stewige sesvoet-branders wat stadig maar seker ál groter geword en kort voor lank by die 10 voet getrek het.

Dít het die organiseerders genoop om die kompetisie te neem na ’n plek wat die groot branders kon hanteer. Net een probleem – die gekose plek is ’n secret spot en een van die bes bewaarde geheime aan die Noordkus.

Met ’n swetterjoel surfers, fotograwe, videokameras en dies meer by die Mr Price, is daar van geheime Noordkus-juwele g’n meer sprake nie.

Glo my vry, die plaaslike surfers is briesend oor dié verwikkelinge.

Maar nou ja, dit was seker net ’n kwessie van tyd voor die geheim uitgelap sou word en die besluit om die kompetisie na die Noordkus te neem, kan seker nie gekritiseer word as die gehalte van die branders in ag geneem word nie.

Tot dusver het groot barrels en skouspelagtige wipe-outs die kompetisie een van die bestes in jare in die WQS-reeks gemaak.

Dieselfde kan nie gesê word van die Hang Loose Pro, een van die byeenkomste in die prestigeryke WCT-reeks, wat tans in Brasilië gehou word nie.

Die Hang Loose word deur ’n gebrek aan branders van gehalte gekenmerk en die wêreld se top-surfers moes drie dae lank ledig rondsit voordat die aksie gister hervat is.

Jordy Smith en Greg Emslie is in die derde ronde uitgeskakel, terwyl Davey Weare reeds ná die tweede ronde sy tasse moes pak.

Alle oë sal egter binnekort gerig wees op Suid-Afrika se surfmekka, Jeffreysbaai, wanneer die Billabong Pro daar beslis word.

As ’n aptytwekker vir die hoofmaal het die plaaslike man Ryan Payne verlede week in epiese toestande die Xcel Supertubes Showdown gewen.

Dít verleen aan hom toegang tot die Von Zipper Trials, wat ’n uitdunronde is vir deelname aan die hoofbyeenkoms.

Hoewel Payne die groot slag in die eindstryd teen Warren Dean geslaan het met ’n volmaakte barrel-rit, het die jongelinge Dylan Lightfoot en Steven Sawyer ook stem dik gemaak. Onthou maar gerus daai name.

Die Xcel is die eerste keer aangebied en 16 plaaslike surfers is na J-Bay genooi. Vir dié wat nie weet nie, Xcel vervaardig wet­suits en sy produkte is die afgelope twee jaar deur die Surfvervaardigersvereniging (SIMA) gekroon as die beste in die bedryf.

Dis darem nie net in Ballito en J-Bay waar goeie branders hul verskyning maak nie.

Hier in ons eie agterplaas lyk dit of daar môre sommer baie aksie gaan wees.

’n Swell van vier tot ses voet word verwag aan die Atlantiese kant van die skiereiland, met ligte ooste- tot noordoostewinde wat toestande mooitjies gaan afrond. Jy kan dus kies en keur waar jy wil gaan surf.

Teen Sondag begin ons die eerste tekens van die volgende frontale stelsel sien, met die wind wat noordwes draai.

Die branders sal kleiner wees, maar daar’s ’n paar plekke (soos die Witsand-gebied en ’n paar ander spots aan die Weskus en in die Overberg) wat skaflike branders sal lewer.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
606 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |