Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 20º / 31º | George 19º / 27º | Port Elizabeth 22º / 26º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Gevreesde siekte kring nou uit in SA
02/07/2009 08:10:09 PM - (SA)

Pretoria. - Daar is nou 13 gevalle van Mexi­kaanse griep in Suid-Afrika, onder wie die eerste persoon wat die influensa A (H1N1)-virus in die land aangesteek het.

Dr. Lucille Blumberg van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het gister bevestig ’n Wes-Kapenaar het die siekte in ’n huishouding daar aangesteek. Blumberg het egter beklemtoon dit kwalifiseer nie as ’n “gemeenskapsuitbreking” nie.

Een lid van ’n paartjie het glo by die ander aangesteek nadat dié siek van ’n buitelandse reis teruggekom het.

Daar is nou drie gevalle in die Wes-Kaap en tien in Gauteng, hoofsaaklik mense wat die land by lughawens binnegekom het.

Blumberg het gesê Nios hou aan om gevalle te toets en te kyk hoe die siekte onder Suid-Afrikaners manifesteer.

“Die kanse is goed dat ons plaaslike oordrag in gemeenskappe sal sien.”

Intussen het die Britse regering aangekondig die gesondheidsowerhede gaan toetsing vir elke nuwe geval van Mexikaanse griep staak omdat die getal nuwe infeksies teen einde Augustus sowat 100 000 per dag kan wees. Dit is dus nie meer moontlik om die verspreiding van die siekte daar te beperk deur mense te toets en isoleer nie.

Teen gister was daar minstens 7 500 laboratorium-bevestigde gevalle in Brittanje met ’n paar honderd nuwe gevalle per dag.

Die daaglikse opdatering van nuwe gevalle gaan glo ook gestaak word omdat dit te tydrowend is.

Die gesondheidsowerhede sal ook moet besluit aan wie hulle die antivirale middel Tamiflu gaan gee omdat daar nie genoeg vir almal is nie.

Volgens Blumberg is die simptome van Mexikaanse griep soortgelyk aan dié van seisoenale griep. Hoewel dit vir mense met onderliggende mediese probleme dodelik kan wees, veroorsaak dié griep in die meeste gevalle net matige siekte.

Tot einde Junie in dié wintergriepseisoen het ­Nios reeds 928 griepgevalle in Suid-Afrika bevestig.

Altesaam 851 was Influensa A(H3N2), die algemeenste soort seisoenale griep. Dié virusse is bespeur in toetsmonsters wat die instituut se 230 Viral Watch-persele van oor die land heen na hul laboratoriums gestuur het.

Volgens Blumberg werk die stelsel doeltreffend en behoort dit dadelik gemeenskapsoordrag van Mexikaanse griep te wys wanneer dit gebeur.

Kenners van die Wêreldgesondheidsorganisasie het vandeesweek in Switserland vergader om ’n wiskundige model te probeer bepaal om vas te stel hoe dit gebeur het dat influensa A (H1N1) binne slegs twee maande van ’n handjie vol gevalle tot ’n pandemie uitgekring het. Kenners meen ook die meer as 77 000 laboratorium-bevestigde gevalle in 110 lande wêreldwyd (met minstens 332 sterftes) is ’n onderskatting van die ware toedrag van sake. Hulle meen daar is tot ’n miljoen gevalle net in die VSA.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
606 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |