Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 19º / 24º | Worcester 18º / 30º | George 19º / 25º | Port Elizabeth 22º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
NGK verskil oor Jesus se ‘liggaamlike’ opstanding
26/06/2009 09:22:00 PM - (SA)

Johannesburg. - “Ek aanvaar dat ons nie van mekaar verskil oor die werklikheid van die opstanding (van Jesus Christus uit die dood) nie. Ons bely dieselfde geloof.”

Só het prof. Piet Strauss, moderator van die NG Kerk, vandeesweek op ’n vergadering van die algemene sinodale moderamen opgemerk.

Strauss het tot dié gevolgtrekking gekom ondanks sterk verskille in die moderamen oor die vraag of die woord “liggaamlik” gebruik moet word om Jesus se opstanding te beskryf.

Die moderamen het die vertolking van die opstanding bespreek nadat die moderators van die verskillende sinodes vroeër vanjaar in ’n verklaring onder meer bely het Jesus het “liggaamlik” uit die dood opgestaan.

Dr. Johan Ernst, aktuaris van die algemene sinode, was een van diegene wat teen dié formulering kapsie gemaak het.

Hy het gesê dié woord laat mense dink Jesus se lyf wat in die graf was, het weer aan die anderkant uitgekom. Dis nie wat die Bybel sê nie, het hy aangevoer.

Ernst het daarop gewys dat Paulus van ’n natuurlike en ’n geestelike liggaam praat en gesê ’n transformasie het met die opstanding plaasgevind waar tyd en ewigheid oorgesteek is.

Daarom kan ’n mens nie sê Jesus het “histories-fisiek” opgestaan nie. Dis nie Jesus se liggaam wat opgestaan het nie, dis Jesus wat opgestaan het.

Mense moenie sy siening vertolk asof hy twyfel oor die opstanding nie.

Ná drie dae was die graf leeg, het Ernst gesê.

’n Wesenlike transformasie het egter met die opstanding plaasgevind. Deur net te sê Jesus het liggaamlik opgestaan, word sy geloof verskraal.

Dr. Braam Hanekom, Wes-Kaapse moderator, het gesê dit was ’n getransformeerde liggaam, maar dit was ’n liggaam.

Hy het gesê die moderators wou met hul verklaring vashou aan die ondeurgrondelikheid van wat daar gebeur het, maar ook sê Jesus het werklik uit die dood opgestaan.

Ds. Jasper Louw, Wes-Transvaalse moderator, het gesê die moderators wou met hul verklaring net sê: “Jesus het werklik opgestaan. Hoe weet ons nie, maar ek glo ek gaan ook opstaan.”

Dr. Nelus Niemandt, wat ook beswaar gemaak het teen die woord “liggaamlik”, het hierop gesê dit sou gehelp het as die moderators dit so geformuleer het.

Uit die gesprek het twee aspekte van die opstanding na vore gekom waaroor dit gelyk het asof daar algemene instemming was.

Die een was dat Jesus werklik uit die dood opgestaan het en die ander dat daar ’n misterie aan verbonde is wat ’n mens nie presies kan formuleer nie.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
90 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |