Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 26º | Worcester 19º / 38º | George 20º / 38º | Port Elizabeth 23º / 33º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Roggebaai soos dit in 1910 gelyk het. Die foto is geneem van die ou munisipale kaai, ’n verlenging van Adderleystraat (ongeveer waar Heerengracht vandag is). Na regs is die ou Dock Road-kragsentrale.Foto: THE BUILDINGS OF CENTRAL CAPE TOWN, VOLUME 1
Roggebaai soos dit in 1910 gelyk het. Die foto is geneem van die ou munisipale kaai, ’n verlenging van Adderleystraat (ongeveer waar Heerengracht vandag is). Na regs is die ou Dock Road-kragsentrale.      Foto: THE BUILDINGS OF CENTRAL CAPE TOWN, VOLUME 1
Nuus
Houtkaai word moderne hawe
15/05/2009 08:55:47 PM - (SA)

Naas Somalië het Suid-Afrika die langste kuslyn van alle lande in Afrika. Van Port Nolloth in die weste tot net noord van Kosibaai aan die KwaZulu-Natalse kus is dit altesaam 2 798 km.

Maar waar die soutwater van die oseane oor die eeue heen aan die kuslyn van, sê maar, Griekeland gekalwe het om ’n magdom van natuurlike baaie te skep, is óns s’n heelwat meer egalig.

Van die paar natuurlike baaie wat wél in Suid-Afrika voorkom, is Tafelbaai sekerlik die bekendste.

Die verhaal van Europese seevaarders wat eeue terug die kuslyn besoek het, word vroeg reeds algemene kennis.

Só ook die koms van Jan van Riebeeck in 1652 om, namens die Verenigde Oost-Indische Compagnie, ’n halfwegstasie hier te kom vestig.

Skepe sou tot in die baai vaar, redelik naby aan die strand, van waar kleiner roeibote gebruik is om passasiers en vrag op en af te laai.

Seelui het egter nie verniet van die Kaap van Storms gepraat nie. Baie van die skepe het dit veilig tot in Tafelbaai gemaak – en dan hier gesink.

Om dié rede is daar in ongeveer 1740 besluit om in die wintermaande eerder van Simonstad se hawe gebruik te maak. Die probleem was net dat alles wat aan wal gebring is, weer al die pad met kar en perde teruggeneem moes word stad toe.

Reg voor die Kasteel – die see het destyds tot daar gekom – is ’n houtkaai gebou, wat ook maar swaar gekry het onder die woeste storms. Dit is rondom 1800 met ’n steenkaai vervang. Dié is metterjare met ’n paar korter kaaie uitgebrei, wat dié proses ’n bietjie vergemaklik het. (Een hiervan was digby wat vandag nog as Jetty­straat bekend staan – ’n kort, klein straatjie wat parallel aan die onderste deel van Langstraat loop.)

Die aantal skepe wat op pad tussen Europa en Asië in die Kaap aangedoen het, het die bou van ’n beter, veiliger hawe – die Victoria & Alfred-hawe – genoodsaak.

Soos die naam aandui, was dit die Britse koningin Victoria se seun, Alfred, wat die bouwerk in 1860 begin het. (Soos koninklikes maar doen, het hy seker net die eerste vrag klip wat in die see gestort is vriendelik toegewuif.) Dit is ook na dié twee vernoem.

Die V&A-hawe het tot ’n baie groot mate nét so behoue gebly – net die funksie het plek-plek verander. Die skaal van destyds se ontwikkeling is meer intiem en leen dit daarom vir menslike gebruik. Vandaar die inkopiesentrum met hotelle, woonstelle en ’n akwarium wat daar opgerig is. Die skepe wat nog daarvan gebruik maak, is kleiner vissersbote, privaat seiljagte en passasierskepe.

Glo dit ook gerus wanneer daar na die V&A as “uniek” verwys word. Dit is inderdaad een van die min plekke ter wêreld waar so ’n ou hawe behoue gebly het en sy aan sy met ’n toeriste-trekpleister bedryf word.

Van die min veranderinge sluit in dat dit vroeg reeds na die noordekant (seekant) vergroot is – die verlenging van die hawemuur en bou van ’n paar kleiner vasmeerkaaie (vandag bekend as Nommers 2 en 3-kaaie).

Die hawemuur is die “muur” waarop ’n mens jou bevind sou jy verby die V&A Waterfront-kompleks en Table Bay-hotel ry.

Voordat ’n mens só ver gevorder het, reeds by wat nou die eerste verkeersirkel in die Waterfront is, is die glipkaai van destyds steeds in gebruik, maar met ’n ander naam (Syncro-lift) à la moderne toerusting wat later daar geïnstalleer is. Dié glipkaai, vir die herstel van skepe, is op regterhand wanneer ’n mens Wes-Kaaiweg (West Quay Road) neem asof onderweg na die Cape Grace-hotel.

Die ander ou en bekende droogdok, Robinsondok, is ook nog in volle gebruik en lê reg voor die Twee Oseane-akwarium.

In dieselfde tyd is begin om ’n deel van die kus droog te lê. Dit is ’n smallerige strook van die hawe, al die pad tot by vandag se Paardeneiland-afrit op die N1.

Die grootste werk was in die omgewing voor die Kasteel – ongeveer waar die Kaapse stasie vandag is.

Met die voltooiing van dié droogleggingswerk is die bekende Kaapse munisipale kaai gebou as verlenging van Adderleystraat in die see in (vandag Heerengracht).

Om plek te maak vir die groter skepe is die vissershawe mettertyd vanuit die V&A-hawe effens ooswaarts geskuif, omtrent reg waar die motorhandelaar en vulstasie by die ingang van die Waterfront vandag sit.

)  Volgende keer: Die drooglegging van Roggebaai en Duncan-dok.

) Bronne: Mnr. Heinrich Garbers, Na­sionale Hawe-owerheid; Civil Engineering , Feb. 2008; http://en.wikipedia.org; http://wapedia.mobi/af/Kaapstad?t=5.

STORM HERDENK

Môre, op 17 Mei, word een van Kaapstad se ergste storms herdenk.

Op dié dag in 1865 het die elemente saamgespan om nie minder nie as 18 bote die dieptes van Tafelbaai in te stuur. Een van die skepe wat gesink het, die RMS Athens, se oorblyfsels kan steeds naby Mouillepunt gesien word.

Op die webwerf van die Suid-Afrikaanse Weerdiens word dit die “groot storm” van Tafelbaai genoem.

Volgens die Suid-Afrikaanse tak van die Young Men’s Christian Association (YMCA) se amptelike webwerf was daar in Augustus van dieselfde jaar wéér ’n verskriklike storm wat twee dae lank getier het. Dié keer het tien vrag- en passasierskepe gesink.

Bronne: www.weathersa.co.za; www. saymca.org.za; www.cape.info.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
121 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |