|
|||||||||||
|
| VIND: |
![]() Só lyk die nuwe Springbok-rugbytrui.
Nuus
Ondersteuners sal moet opdok vir nuwe Bok-trui
04/05/2009 10:29:23 PM - (SA)
Pretoria. – Min mense sal op dié trui wil braak! Die splinternuwe Springboktrui gaan ’n gewilde artikel onder Bok-ondersteuners word, ondanks besware oor die verandering van die ou trui.
Die trui sal die eerste wees met die nasionale sportembleem op die linkerbors en die Springbok op die regterbors.
Die veranderinge het gevolg ná gesprekke tussen die Suid-Afrikaanse Rugbyunie en die departement van sport en ontspanning. Dit word in rugbykringe beskou as ’n goue middeweg wat die voortbestaan van die Springbok as rugbywapen sal verseker.
Die woord “rugby” verskyn onder die nasionale sportembleem, die protea, en die Springbok spring na links en verskyn sonder ’n rugbybal op die regterbors. Die ondersteunerstrui, soos hiernaas aangedui, het die woorde SA Rugby onder die bokkie, maar die bewoord “Springbok” sal op die spelers se truie verskyn.
Die Bokke se vernaamste twee borge, Canterbury en Sasol, se name is ook op die trui, maar is kleiner as in die verlede.
SA Rugby sal waarskynlik eers die trui volgende maand amptelik bekendstel, maar dit kan reeds op die internet by www.worldrugbyshop.com gekoop word. Die prys is R825. Dit is nog nie in die plaaslike kleinhandel beskikbaar nie.
Volgens mnr. Cliff Arderne van Sneakers International hoop hulle om die truie teen die einde van die maand in die winkels te hê. Hy waarsku egter dit gaan teen sowat R900 verhandel word. –
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |