Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 26º | Worcester 19º / 38º | George 20º / 38º | Port Elizabeth 23º / 33º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Mev. Susan en mnr. Dan Kok van Hersham wys gister die maskers wat hulle sedert die naweek in hul huis gedra het nadat hulle vir Mexikaanse griep getoets is. Foto: JACKIE KRUGER
Mev. Susan en mnr. Dan Kok van Hersham wys gister die maskers wat hulle sedert die naweek in hul huis gedra het nadat hulle vir Mexikaanse griep getoets is.    Foto: JACKIE KRUGER
Nuus
Griep ‘ook in SA’
29/04/2009 11:44:27 PM - (SA)

Kaapstad. - Die eerste twee moontlike gevalle van Mexi­kaanse griep in Suid-Afrika is in die Suid-Kaap en Gauteng geïdentifiseer.

Die kans is egter skraal dat dit ooit bevestig sal kan word of mev. Susan Kok (58) van Hersham naby Mosselbaai die eerste Suid-Afrikaner is wat dié dodelike nuwe vorm van griep opgedoen het.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het gisteraand die pandemie-waarskuwingsvlak van vlak 4 na 5 verhoog. Dit is die tweede hoogste vlak. (Forum op bl. 17).

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het te kenne gegee dat ’n diagnose nie moontlik is nie omdat die smeer van mev. Kok se mond en keel nie in die regte transportmedium vir ontleding na patoloë gestuur is nie.

Dr. Lucille Blumberg van die ­Nios het gesê as daar ’n virus was, sou dit as gevolg hiervan nie kon oorleef vir toetsing nie.

Kok het die land se gesondheidsowerhede laat regop sit toe dit bekend geword het sy het ná ’n besoek aan Mexiko simptome van die siekte. Sy en haar man, Dan (63), was gister nog in hul huis geïsoleer en hulle is gevra om weg te bly van ander mense.

Die Nios is gister ingelig van ’n moontlike geval in Gauteng, maar teen druktyd is gesê dit is onwaarskynlik dat dit Mexikaanse griep is. Die siek vrou was onlangs op ’n besoek aan Mexiko.

Die Kok-egpaar het Saterdagoggend in Suid-Afrika aangekom ná ’n maand lange vakansie in Mexi­ko. Sy het Sondag ’n dokter besoek wat ’n smeer van haar mond en keel geneem het.

Hulle het hul reis twee jaar lank beplan. “Ons was by al die plekke (in Mexiko) waaroor hulle nou op televisie so praat,” het sy gesê. “En dit was fantasties.”

Hulle was onder meer in Mexiko­stad, Cancun, Chihuahua en die Koperravyn.

Die Kok-egpaar het gister in ’n telefoniese gesprek met Die Burger gesê hulle wag nog op uitslae van hul laboratoriumtoetse.

Volgens Kok het sy reeds in Mexiko begin hoes, “maar nie gedink dit is ernstig nie”.

“Ons het baie in treine en busse gery. Ons was selfs drie keer op die lughawe in Mexikostad. Ek het gedink die grieperigheid is net vlugvoosheid.”

Sy het gesê hulle het by tye mense met maskers sien rondloop, maar het eers Saterdag van die griep gehoor toe hul skoonseun hulle op die O.R. Tambo Interna­sionale Lughawe in Johannesburg met ’n teksboodskap daaroor ingelig het. “Ons het gedink dit (in Mexiko) is soos in die Ooste, waar almal maar met maskertjies rondloop.”

Familielede in Suid-Afrika het egter daarop aangedring dat hulle ’n dokter sien. “Ons is dokter toe, waar ’n smeer van my keel geneem is. Nou wag ek vir die uitslae.”

Die dokter en die plaaslike gesondheidsinspekteur het hulle aangesê om tuis te bly en maskers te dra.

Intussen wag ’n Bloemfonteinse sakeman, mnr. Geoff Greyling, in Atlanta, Amerika, om te sien of die “brongitis” wat hy in Mexiko opgedoen het, Me­xikaanse griep is.

Sokker se wêreldbeheerliggaam, Fifa, het gesê hy monitor die uitbreking van die griep – skaars ses weke voor die Konfederasiebekertoernooi in Suid-Afrika begin.

Die departement van buitelandse sake het beklemtoon daar is geen reisverbod vir mense van en na gebiede soos Mexiko nie.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
121 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |