Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 14º / 22º | Worcester 10º / 26º | George 10º / 20º | Port Elizabeth 13º / 20º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Zille stem, dring daarop aan om Afrikaans te praat
22/04/2009 03:27:53 PM - (SA)   

Die DA-leier, me. Helen Zille, het aangedring dat die SAUK haar toelaat om Afrikaans te praat tydens die onderhoud net nadat sy gestem het.

Sy was een van die min politieke leiers wat nie ingedruk het in die ry nie, maar haar kans geduldig saam met mede-kiesers afgewag het. Daar was ook geen lyfwag in sig nie.

Zille het haar kruisie getrek by die St. Paul’s-kerk in Hoofweg, Rondebosch, waar sy vergesel is van haar man, prof. Johann Maree, en hul seuns, Thomas en Paul.

“Dit was ons eerste familie-uitstappie in ’n lang tyd, en dit was baie lekker,” het Zille, wat die afgelope 82 dae bykans nooit tuis was nie, gesê.

Sy het ’n helde-ontvangs gehad by die stempunt, wat in die middel van die Kaapse suidelike voorstede geleë is - ’n bakermat vir die DA.

Mense het gejuig toe sy aankom, en haar voortdurend sterkte toegewens en drukkies gegee, terwyl studente van die nabygeleë Universiteit van Kaapstad se DA-tak haar toegesing het.

Prof. Maree het gesê dis ’n pure plesier om vir jou vrou te kan stem in ’n verkiesing.

“Dis ’n voorreg om my vertroue in haar op ’n verdere wyse te toon,” het hy gesê.

Hy en die twee seuns was beslis van plan om voordeel te trek uit ’n kitskos-restaurant se aanbod van gratis koffie as jy kan aantoon jy het gestem.

Zille het alle opposisiekiesers gevra om te stem teen ’n tweederde-meerderheid, en haar opponent van die ANC, mnr. Jacob Zuma, as ’n “eenman-grondwet-vernietiger” beskryf.

Zille was vol vertroue dat die DA die meeste stemme in die Wes-Kaap sou trek, om dit as ’n opposisie-alternatief tot die ANC in regering te stel.

Sy hoop vir ’n volstrekte meerderheid in die provinsie, maar andersins sal die DA met ander partye onderhandel om ’n koalisie-regering te vorm.

Zille het vanuit Rondebosch vertrek om stempunte in die Kaapse Skiereiland en Johannesburg te besoek, vanwaar sy haar by die nasionale uitslaesentrum in Pretoria sou tuismaak.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
88 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |