Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 12º / 20º | Worcester 9º / 23º | George 11º / 18º | Port Elizabeth 14º / 19º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Abby James Foto: neil baynes
Abby James    Foto: neil baynes
Nuus
‘Koekie Koeke Loekie’ is die kersie op die koek
22/04/2009 10:52:42 AM - (SA)   

Kaapstad. - Die gewildheid van die aansteeklike treffer “Koekie Koeke Loekie” wat in die afgelope verkiesingsveldtog deur politieke partye gebruik is, het al die kun­stenaar se verwagtinge oortref.

Abby James (34) van Eersterivier, wat dié lied die laaste twee jaar sing, het eers ’n maand of twee gelede begin agterkom dat politieke partye dié lied ingespan het as deel van hul veldtogte.

Dit was veral me. Helen Zille, DA-leier en burgemeester van Kaapstad, wat ondersteuners by saamtrekke vermaak het met haar weergawe daarvan.

James het Sondag self die liedjie by die OD se finale verkiesingsaamtrek in Delft gesing.

Dié ma van twee, wat haar sangloopbaan “op Shoprite se stoep” begin het, se eerste treffer was “Outjie met jou lekker boudjie”. Sy sing al die afgelope tien jaar en het ’n CD saam met die groep A2Zee uitgereik.

Ná haar sangmaat twee jaar gelede besluit het om ’n blaaskans te neem, het sy “Koekie Koeke Loekie”, wat deur haar vriend mnr. Godfrey Conradie geskryf is, opgeneem.

“Ek het so twee maande gelede by mense gehoor die song word in verkiesingsveldtogte gebruik. Dit is egter nie die oorspronklike weergawe wat in dié veldtogte gebruik word nie.

“Ek het nietemin gevlei gevoel omdat dit baie goeie bemarking is vir my.

“Ek was verbaas dat hulle die song gebruik het. Dit was baie oorweldigend. Ek het nooit gedink dit sou so gewild raak nie.”

Sy is geen politieke dier nie, maar gaan beslis vandag stembus toe. Sy wou nie verklap langs watter party sy haar kruisie gaan trek nie.

Volgens James werk sy aan nog ’n CD, maar sy is tans druk besig om voor te berei vir haar toer wat op 1 Mei in Clanwilliam begin.

Die probleme in haar gemeenskap lê James baie na aan die hart.

“Daar is so min rolmodelle in ons gemeenskappe en baie kunstenaars wil naam maak oorsee. Ek wil egter hier bly en vir ons kinders wys dat jy die hoogste sport kan bereik as jy wil.”

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
90 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |