|
|||||||||||
|
| VIND: |
Nuus
Ag moeder! Troeteldier-fotogalery 2
15/12/2008 01:11:01 PM - (SA)
Ons het al ’n hele paar foto’s vir ons troeteldier-fotokompetisie ontvang. Deelnemers staan ’n kans om ’n kopie van The South African Pet-Friendly Directory te wen.
Dit dui vakansieplekke wat jou én jou troeteldiere verwelkom, aan. Onthou om jou troeteldier se naam, ouderdom en iets oor sy persoonlikheid saam in te stuur.
Stuur jou beste “Ag moeder!”-foto na web@dieburger.com voor Dinsdag, 16 Desember, om 12:00.
Naas Ferreira het ’n foto van sy “Koning Beer” ingestuur.
“Dit is Loki – hy is ’n tweejarige Australian Sydney Silky. Hy is stroopsoet en verskaf sy mens-mamma en -pappa eindelose plesier,” vertel Anzette Viviers.
Diana Kitshoff het dié foto van Bubbles, haar driejarige kat geneem.
“Dit is Neyoka, ’n Siberiese Husky. As sy maar net so onskuldig en soet was soos sy op die foto lyk...” vertel Anne-Marie Fourie.
“Hierdie is Savanna. Sy is al sewe jaar oud, maar het die gees van ’n tienerkat,” vertel Anne-Marie Fourie.
Roxy en Savanna speel graag saam, skryf Anne-Marie Fourie
Shaggy sit in die kinders se wasgoedmandjie. Retha Naude het die foto ingestuur.
Ryna Bakkes skryf: Dit is van my kat Flossie, die mees bedorwe kat. Sy is lief vir motorry en sit dan in die agterste venster om die wêreld te betrag.
Anle de Beer se hond, Buddy, is ’n skaaphond en is twee jaar oud. Hy is sy mens-ma se trots en plesier, vreeslik gehoorsaam en liefdevol.
Elri Mienie vertel: Tommy is ’n klein stouterd, maar kan ook baie liefdevol wees. Hy hou daarvan dat sy pootjies gevryf word as hy wil gaan slaap.
Elri Mienie se ander kat, Bobby, is amper 10 jaar oud en is ’n regte ‘heer’. Hy hou glo daarvan om sy eie ding te doen.
Tersia du Preez skryf: Hierdie is Lisa, ons Duitse Herdershond – vreeslik lief vir mense, baie aktief en baie bederf deur die familie
Hermien Taljaard van Moorreesburg het ’n foto van haar twee klein Labradors ingestuur.
Tania Wolmarans skryf: Sharkie (4) is ’n Amerikaanse veghond reun en kom van P.E. Hy het ’n baie mooi geaardheid en ’n temperament wat baie mense al verbaas het. Hessie, die Jack Russell (wit en bruin) is drie jaar oud en Jockie (wit en swart ) is vier maande oud. Hulle word saam groot en die drie honde is groot maats.
Tante Fledermaus hou naweek, vertel René Lotter.
Chrisna Snyman vertel: My hond se naam is Peanut. Sy is ’n baie liefdevolle hondjie met baie energie en is op haar gelukkigste wanneer sy kan hardloop soos op die foto gesien kan word. Sy klim ook gereeld boom en hou daarvan om alles te jaag.
Melanie Bartels skryf: My babatjie se naam is Lilo. Sy is twee jaar oud en kon ’n mens gewees het. Sy is vreeslik oulik en baie stout
Dit is Boesman en hy is die groot baba in die huis, vertel Adele Spreeth. Hy is ’n staffie met die mooiste, sagste geaardheid.
Lady (ons skat sy is nou so sewe jaar oud), is ’n optelhond wat baie diep in almal se harte ingekruip het en ’n waghond duisend is, skryf Adele Spreeth.
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |