|
|||||||||||
|
| VIND: |
Nuus
Ag moeder!
14/12/2008 04:22:10 PM - (SA)
Hierdie is die eerste inskrywings in ons troeteldier-fotokompetisie. Deelnemers staan ’n kans om ’n kopie van The South African Pet-Friendly Directory te wen.
Dit dui vakansieplekke wat jou én jou troeteldiere verwelkom, aan. Onthou om jou troeteldier se naam, ouderdom en iets oor sy persoonlikheid saam in te stuur.
Stuur jou beste “Ag moeder!”-foto na web@dieburger.com voor Dinsdag, 16 Desember, om 12:00.
Vicci Marais het dié foto van hulle bulhond Titan Marais ingestuur
Kobus Steenkamp skryf: Leila, ons troetel-boxer, is drie jaar oud en bly in warm Stellenbosch
Retha Strydom skryf: Ons het Magy (ses maande) naby Hentiesbaai opgetel – brandsiek en uitgehonger met geen naels en gebreekte tande. Na twee weke se behandeling by die DBV op Swakopmund het ons haar aangeneem en moes sy vir nog twee weke met spesiale shampoo gewas word. Vandag is sy ’n regte skaaphond/jakkals/terriër met meer karakter as tien ander honde saam!
Karin Manefeldt skryf: Dit is ons kind Tyson en hy is nou drie jaar oud. Hy is ’n Bulhond. Ons het hom Tyson gedoop, omdat al ons vriende gespot het hy lyk soos ’n Boxerhond. Hy is ’n softy al lyk hy so kwaai. Hy is sy ma en pa se trots. Hy vergeet net so nou en dan hoe sterk hy is en voor jy jou kan kry, is jou voete onder jou uit.
Jeanine Steenkamp skryf: Hierdie is ons aangenome kind, Jerry. Hy is seker nou amper ses jaar oud. Ons het hom by die polisie gekry na hy ‘ongeskik vir werk’ verklaar is. Hy is ’n waghond duisend!
Linette Viljoen skryf: Ons Alsation, Dassie, met sy gunsteling speelding.
Zenobia Bosman het dié foto van Prince (3) ingestuur. Volgens haar is hy ’n baie gehoorsame hond, maar het hy tog soms sy streke.
Nomi van Wyk het dié foto van Kleinhond en Oz ingestuur.
Karlien Daniels skryf: Hierdie is ons Persiese kat Gabriel (6) met sy nuwe ‘lion cut’-skeer, spesiaal vir die warm somer in die Kaap. Gabriel is glad nie meer so ‘engelagtig’ en liefdevol soos sy naam sou verklap nie, want met dié nuwe kapsel moet hy eers vrede maak en hy sal seker eers daarna sy mense-ouers kan vergewe...
Deon skryf: Timone is ons troeteldier. Sy is ’n mak meerkat. Sy en ons huiskat, Kietsie, is groot maats en hulle speel te lekker saam. Sy is baie liefdevol, sosiaal en nuuskierig. Sy kry ook baie vinnig koud. Sy is lief daarvoor om soggens in die vensterbank te staan as die son uitgekom het. Sy staan dan op haar agterpote sodat die son haar maag warm bak. Timone slaap agter die yskas by die motortjie, waar dit lekker warm is. Sy is ons ou babatjie en ons is baie lief vir haar.
Pieter Nortje skryf: Hier is ’n foto van ons kat Miela (1). Sy is baie selfversekerd en drink glad nie water uit ’n bak nie, maar net uit ’n kraan.
James Harris skryf: Ons Rottweiler se naam is Rambo. Rambo is twee jaar oud en weeg 60 kg. Hy is die rustigheid vanself en wil net bederf word deur gekrap te word.
Willie en Deidre Pienaar van Bellville skryf: Jools, een jaar oud, steel almal se harte – sy is altyd reg vir ’n avontuur!
Leah Prins skryf: Klein, maar getrain, dié is Hansie gewis! Net drie maande oud, maar reeds ’n gehoorsame hondjie wat weet hy wieps net op ou Die Burger op die vloer of buitekant en nie op die teëls nie. Hy kan al ’n bal vang en gaan haal en hy blaf al vir verdagte vreemdelinge! Sondae by die vlooimark flankeer hy skaamteloos met al die girls en tannies wat ‘ooo’ en ‘ahhh’ oor hom. Hansie se foto is seker al oor die hele aardbol versprei!
Ann Beneke het foto’s van Jewels Beneke ingestuur.
Suzani de Jager skryf: Hierdie is my ouma se hondjie Lexie.
Suzani de Jager skryf: Dit is my kind – Bokke-lokkies. Sy is ses jaar oud.
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |